Thursday, 26 January 2012

Working Girl

Daar slaan ek toe vir myself 'n 9 - 5 job los - in die hartjie van die pragtige Melbourne stad - in die mooiste straat in Melbourne - by 'n internationale college. My 1ste permanente voltydse werk hier in die vreemde.

Elke oggend en middag wanneer ek die strate op 'n drafstappie aanpak, wag vir die mannetjie om groen te word, wonder waar al die mense vandaan kom en met 'n glimlag op my gesig na almal om my staar kan ek nie help om aan die vroee 90's film 'Working Girl' te dink nie. Die vrouens loop met mooi pakkies en 'n paar wit tekkies kantoor toe met spykerhakke wat by die handsak uitsteek.

Melbourne is gewild vir sy straat kafee's en die pad wat ek afloop het kafee op kafee op kafee. Almal tjok en blok gepak met mense wat hulle magies volkry vir 'n harde dag op kantoor.

Hierdie pub is reg oorkant die College.















Die Ozzie korporatiewe kultuur is 'n vreemde verskynsel.  My 1ste dag op kantoor is ek in die HR se kantoor ingeboender voor ek enige iemand anders kon groet. My kontrak, Super Annuation aansoek en tax vorm is onder my neus ingedruk met die opdrag om alles fyn te lees en vrae te vra as daar is. As daar nie is nie moet ek oral waar aangedui teken en se as ek klaar is. 
Met 'n fyn stemmetjie se ek toe maar ek is nou klaar en daar word 'n vorm met al my usernames en passwords in my hande gedruk en ek word op 'n eindelose toer gevat om almal te ontmoet. (Na 2 weke kan ek egter nog net 5 mense se name onthou)
Daarna is ek my lessenaar gewys, my skryfbehoeftes is aan my gegee en my handtekening op 'n leer aangebring as erkenning dat ek 'n hele laai vol goed ontvang het. Toe word ek gese om lunch te vat want as ek terugkom gaan ons ernstig begin werk.

'n Oulike restaurantjie weggesteek in 'n stegie.

Na ete begin hulle my stadig maar seker touwys maak met 'n leer wat vir my voorberei is en gou gou besef ek dat indien daar nie iemand is om opleiding te gee nie hierdie leers die ding sal doen. Alles is stapsgewys aangedui. Selfs wanneer jy die rekenaar nou moet aansit om iets daarop te doen. Na 30 minute se my supervisor ek moet dalk 'n breek vat. 

Na 2 weke het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom. Die Ozzies doen net wat hulle moet wanneer hulle moet. 9am of later stap hulle die kantoor binne. Op die kop 5uur word die handsakke opgetel en is hulle by die deur uit, maw, alles word so 5min voor die tyd al afgesit en tekkies word aangetrek.  Lunch tyd is 'n uur lank, maak nie saak of jy laat inkom of vroeg loop nie. Gunste bestaan nie in hulle woordeskat nie en 'smoke breaks' vind elke 30 min plaas en kan tot 30 min lank duur.
Wanneer jy in die oggend inkom en almal groet word jy as 'n 'weirdo' beskou en almal loop draaie om jou. MAAR as jy aanhou om almal in die oggend te groet dan word jy na 'n week teruggegroet. Eers skamerig met net 'n glimlag of 'n kopknik en 'n dag of wat later met 'n 'good morning'.

Maar moet nogsteeds nie verwag iemand se totsiens nie want een oomblik is almal nog by hulle lessenaars en as jy jou oe knip is die kantoor leeg. 

En dan stap ek elke middag in die rigting van die treinstasie en neurie heel opgewek ' working 9 - 5 da da da da....da da da da....'



No comments: