Saturday, 23 April 2011

The end is near . . .

En so kom ons heerlike kuiertjie toe op 'n einde.
Ons ry nou-nou om Ouma en Oom Wessie lughawe toe te neem en te sê: 'Tot Weersiens!'
Ons gaan ons pose hou en met 'n glimlag om die lippe en 'n traan in die oog afskeid neem en huistoe ry en vir mekaar sê: 'onthou jy toe ons dit gesien het....onthou jy toe ouma dat gedoen het...onthou jy toe dit met oom Wessie gebeur het....'
Ja, inderdaad 'n heerlike 5 weke wat ons vir altyd gaan onthou en koester.

Hier volg ons laaste week se wedervaringe:

Donderdag aand na werk kom ek en Ellis huistoe na 'n heerlike paasete.





Vrydag besoek ons die Royal Botanical Gardens.



 Vandag is ons na KMart om te gaan foto's ontwikkel en laaste memerobelia vir Ouma en Oom Wessie te gaan soek.
 En nou - nou net het ons teruggekom vanaf ons laaste Avondmaal hier in Australia saam ons gaste. Weereens 'n baie heerlike aand!





Hierdie is nie vaarwel maar net totsiens
tot ons weer ontmoet.

Sunday, 17 April 2011

Twee weke later

Ons kuier staan nou gou einde se kant toe en met nog soveel wat gedoen en gesien moet word weet ek nie lekker hoe ons alles gaan inpas nie. Ons moet nog Botaniese Tuine doen en het net vlg Saterdag daarvoor. Saterdag nag vlieg die oumense terug en klink my daar moet ernstig gepak word. Dan wil hulle graag weer ingaan stad toe. Ons was gister daar maar het meer as die helfte nie gesien nie.

Maar kom ons gaan eers aan waar ons laas opgehou het....

Saterdag na die laaste inskrywing het ons gaan middagete eet by Hungry Jacks.
 Vandaar is ons na die welbekende St Kilda strand. Die weer het nie saamgespeel nie en dit was vreeslik koud en mistroostig.


 Die Dinsdag, terwyl ek werk het hulle gaan kyk hoe Kayleigh hardloop vir span in Cross Country. Sus het span gehaal en hardloop oor 6 weke 3km vir haar skool.
 Verlede Vrydag na skool is ons na Altona Beach, ons geliefde swemstrand.





Ons sluit die dag af met pizza by 'n straatkafeetjie, Numero Uno. Behoorlik op die straat. Sien jy die kar daar agter oom Wessie verbyry?


Saterdag sit ons af na Phillip Island wat legendaries is vir sy pikkewyne - waarvan ons nog een moet sien ...
In plaas van pikkewyne kom ons toe op die Conservation Centre vir Koala's af. Wat 'n wonderlike ervaring om arm lengte weg te wees van die wesentjies.



Die 'Laughing Kookabura' is nog 'n Australia inwoner wat - so ver ek weet - slegs hier voorkom. 'n Eienaardige voël met kop heeltemal uit proporsie met sy lyf. Hy sal heeldag in een boom bly waar hy af en toe sal afvlieg om 'n insek op 'n ander plek te kry. Aan die einde van die dag verlaat hy sy sitplek met 'n geluid wat baie naby aan 'n lag klink om sy gebied te 'merk'.




Kayleigh en Ellis dink dit goed om hulle sandvoete te gaan afwas op die pier. Wag so rukkie tot 'n brander hoog genoeg spat om deur die gate in die plaat te spat. Ai tog . . .


Net van die eiland af terug Melbourne toe is hierdie interressante plek. Lollies en chockolates duidelik baie Ozzies se stapelvoedsel.



Gister  het ons die stad ingevaar met die trein.


Onder is Victoria mark se heerlike vars vrugte en groente


Ek het die geselskap vir so uur verlaat om na 'n uitstalling van koning Tutankhamun te gaan kyk in die Melbourne Museum en hulle almal het in die museum rondgewandel en allerahande interressante dinge gesien.



Sunday, 3 April 2011

Ouma hulle se 1ste 2 weke in Oz!

So kom Ouma en Oom Wessie (van nou af verwys na OOW) vanuit Johannesburg via Dubai by ons aan. 1ste Keer wat ek hoor 'n vlug is met 2 ure vervroeg!

Die 1ste week is rustig spandeer in ons Township. Ons het met Benji vanaf die huis na die meer gestap, hulle die Bib gaan wys en wat nog meer.

 



Ons 1ste uitstappie is dan 5 dae nadat hulle weer op moeder aarde land. Ons besoek Gisborne, Mt Macedon en Hanging Rock. Die geskiedenis van al die plekke is al aangeteken in hierdie Blog endaarom heg ek net die foto's aan.

Natuurlik eers petrol ingooi.















Volgende dag sit ons af Docklands toe om Memorebelia te gaan koop om saam te stuur na SA.



Gister het ons die Great Ocean Road aangepak. Ek gaan tog so bietjie geskiedenis gee want ons het paar ander plekke besoek as die vorige keer.
Bells Beach is geleë in Torquay. Die mode 'icons' Rip Curl en Quicksilver is hier gebore. Torquay is Victoria se Surfing hoofstad en die laaste deel van die film Point Break met Patrick Swayze is hier op Bells Beach verfilm.


 Die lighuis is tussen Torquay en Apollo Bay





 Kennet River is waar ons die pragtige wesentjies te sien gekry het. Dis deel van die Otway National park.




 Die Twaalf Apostels (waarvan 4 gedurende 'n aardbewing omgeval het) is in Port Campbell. Hulle het ontwikkel agv erosie en bestaan uit Limestone.





 En dis wat jy met kinders doen as hulle oppad terug nie genoeg kan praat van hulle wedervaring nie!