Wednesday, 16 March 2011

As die wêreld te groot raak

Almal praat van hoe klein die wereld deesdae is. Jy klim op 'n vliegtuig en wanneer jy afklim is jy in 'n ander land in 'n kwessie van ure. Jy tel die foon op en bel jou ma aan die anderkant van die wereld en dit klink of sy reg langs jou staan. Jy skakel die rekenaar aan en facebook of skype sal jou binne sekondes met video en al met geliefdes verbind.

En dan - een oproep en jy besef hoe groot hierdie ou wereld werklik is. Oupa Lukas het die groot K. Hy was al 2 keer in die hospitaal en het operasies ondergaan en ons voel hulpeloos, en skuldig. Ons kan niks doen om dinge vir hom gemakliker te maak nie. Kan nie 'n koppie tee aandra of hom geselskap hou nie. Ons moet maar staatmaak op die foon vir nuus.


Ons betree alweer 'n feestydperk. Die 2de Paasfees in die vreemde. Maar dit gaan die jaar darem beter as die vorige. Ons het vir die grootste deel van paasfees ook gaste . . . ouma Martie en oom Wessie, ons kan nie wag om julle aan huis te verwelkom nie!

Die groot kuier is ordentlik uitgewerk. Soos hulle sê, cross the t and dot the i! Geskenke is gekoop, tjoklits is op die bed en die huis is van hoek tot kant skoongemaak! Spinnerakke verwyder en dust bunnies opgesuig. Nou tel ons die slapies af...trek al by 4....

Watch this space!