Sunday, 3 April 2011

Ouma hulle se 1ste 2 weke in Oz!

So kom Ouma en Oom Wessie (van nou af verwys na OOW) vanuit Johannesburg via Dubai by ons aan. 1ste Keer wat ek hoor 'n vlug is met 2 ure vervroeg!

Die 1ste week is rustig spandeer in ons Township. Ons het met Benji vanaf die huis na die meer gestap, hulle die Bib gaan wys en wat nog meer.

 



Ons 1ste uitstappie is dan 5 dae nadat hulle weer op moeder aarde land. Ons besoek Gisborne, Mt Macedon en Hanging Rock. Die geskiedenis van al die plekke is al aangeteken in hierdie Blog endaarom heg ek net die foto's aan.

Natuurlik eers petrol ingooi.















Volgende dag sit ons af Docklands toe om Memorebelia te gaan koop om saam te stuur na SA.



Gister het ons die Great Ocean Road aangepak. Ek gaan tog so bietjie geskiedenis gee want ons het paar ander plekke besoek as die vorige keer.
Bells Beach is geleë in Torquay. Die mode 'icons' Rip Curl en Quicksilver is hier gebore. Torquay is Victoria se Surfing hoofstad en die laaste deel van die film Point Break met Patrick Swayze is hier op Bells Beach verfilm.


 Die lighuis is tussen Torquay en Apollo Bay





 Kennet River is waar ons die pragtige wesentjies te sien gekry het. Dis deel van die Otway National park.




 Die Twaalf Apostels (waarvan 4 gedurende 'n aardbewing omgeval het) is in Port Campbell. Hulle het ontwikkel agv erosie en bestaan uit Limestone.





 En dis wat jy met kinders doen as hulle oppad terug nie genoeg kan praat van hulle wedervaring nie!

2 comments:

Rustige Swerwer said...

Baie mooi fotos. Pragtige blog.

Anna F said...

Halo daar, hoop nie die blog is net vir vriende en familie nie.. ek geniet dit om iets te sien van lewe op 'n ander plek! (en ons het dieselfde agtergrond van blogger)