Saturday, 23 April 2011

The end is near . . .

En so kom ons heerlike kuiertjie toe op 'n einde.
Ons ry nou-nou om Ouma en Oom Wessie lughawe toe te neem en te sê: 'Tot Weersiens!'
Ons gaan ons pose hou en met 'n glimlag om die lippe en 'n traan in die oog afskeid neem en huistoe ry en vir mekaar sê: 'onthou jy toe ons dit gesien het....onthou jy toe ouma dat gedoen het...onthou jy toe dit met oom Wessie gebeur het....'
Ja, inderdaad 'n heerlike 5 weke wat ons vir altyd gaan onthou en koester.

Hier volg ons laaste week se wedervaringe:

Donderdag aand na werk kom ek en Ellis huistoe na 'n heerlike paasete.





Vrydag besoek ons die Royal Botanical Gardens.



 Vandag is ons na KMart om te gaan foto's ontwikkel en laaste memerobelia vir Ouma en Oom Wessie te gaan soek.
 En nou - nou net het ons teruggekom vanaf ons laaste Avondmaal hier in Australia saam ons gaste. Weereens 'n baie heerlike aand!





Hierdie is nie vaarwel maar net totsiens
tot ons weer ontmoet.

1 comment:

Sandra said...

O jinne ek verstaan van die groet en ver wees van familie. Die wonderlike herinneringe van die vakansie sal verseker nog lank by julle almal bly.