Thursday, 13 January 2011

S.O.S.

Hierdie inskrywing is uit nood gebore.
1stens wil ek baie dankie sê vir al die besorgdheid oor ons veiligheid.  Ons het nie weggespoel nie. Nog nie.
Melbourne, net soos die res van die land het ongelooflik baie reën gekry die afgelope paar weke, maar of dit normaal is kan ek nou ook nie sê nie.  Verlede jaar die tyd het ons deur die 5de hittegolf van die somer geworstel en temperature in die mid 40's probeer oorleef. Toe het almal gesê dis abnormaal. Vandag wonder ons waar is die vreeslike warm somers waarmee die Ozzies so spog?

Melbourne het mos nie seisoene soos die res van die wêreld nie. Op een dag kan die temp vanaf 38gr val tot 16gr, die wind sal stormsterk waai, skielik ophou, dan val die reën verwoed vir 30min. Skielik kom die son uit en die aarde droog binne minute op sodat die grond soos 'n woestyn lyk en as jy opkyk verbeel jy jou sommer jy sien 'n sneeuvlokkie :)

Ok, jammer, nou vir realiteite.

Ja, net soos Suid Afrika tans beleef Oz ook reën van epidermiese porporsies. Hulle het sommer klaar iemand gekry om te blameer ook. Haar naam is La Nina en sy is hier om te bly vir ten minste nog 3 maande. Anders as haar nefie El Nino wat weier om vir ons reën te stuur en droogtes veroorsaak, huil sy nou weer aaneen. Die wat weet sê dis agv koue weerstoestande oor die Pasific See wat sy nou haar speelgoed uit die cot gooi. Dis nou volgens die geleerde wetenskaplikes, NASA.  Ek het so bietjie gelees oor La Nina, maar myself nou net wakker geskrik. Google maar vir fynere detail, sy is eitnlik baie boring, maar haar nagevolge is iets waaroor daar vir nog baie jare gepraat gaan word.



















Die staat waar ons bly, nl Victoria, is 227,416 vierkante kilometres in omtrek. Queensland waar die vloede is, is 1,734,157 vierkante kilometres in omtrek en Australia in totaliteit is 7,682,300 vierkante km in omtrek.
Die hele Suid Afrika is 1.221.037 vierkante km. Dus sal SA in Queensland pas met nog bietjie land te spaar. 

1/3 van Queensland is onder water. Vat nou 'n kaart van Suid Afrika en kleur 'n derde en nog so bietjie daarvan in. Dis die omvang van La Nina se skade en alhoewel hulle sê sy is oppad na Melbourne glo ons dat ons nie so erg getref gaan word nie. 

Skynews het pas berig dat die skade en emosionele toestand van die land gelykstaande gaan wees as 'n post oorlog sindroom. Daar is reeds 15 000 eiendomme oorspoel en ontruim, 13 mense dood en 43 vermis!  127 000 eiendomme en huise sonder elektrisiteit. Steenkool wat die staat se grootste bron van inkomste is is daarmee heen en daar word reeds bespiegel dat steenkoolpryse wêreldwyd gaan klim.

Hier is 'n aanhaling vanuit http://www.skynews.com.au/ en al wat mens kan vra is maar gebede. Vir die wat wonder, ons bly in Melbourne se Weste en Essendon is 16km van ons af.

Melbourne is on alert for flash flooding on Wednesday with soaking rain already falling in the state's northwest and far west.

Dimboola is awash after receiving 112mm of rain in the past 24 hours while Horsham has copped just over 100mm.
The biggest falls in Melbourne have been around the airport with 24mm and Essendon with 14mm.
Firefighters pulled two cars from a flooded section of Dudley Street in west Melbourne on Wednesday morning after the motorists had attempted to drive through the water.
The Bureau of Meteorology has issued a severe weather warning for Melbourne which could be accompanied by flash flooding and thunderstorms.
'We do have a severe weather warning for flash flooding,' duty forecaster Chris Godfred said.
'The fact that the air mass is so humid means there is the potential for some very heavy rain and that's where the risk of flash flooding stems from.'
The State Emergency Service (SES) says up to 150mm of rain is likely to fall over the next three days.
Flood watches have been issued for most of the state, with thunderstorm activity also a possibility in the central, western and northwestern areas.
The rain is expected to ease on Thursday but will return on Friday with heavy rains with strong winds and the potential for further flash flooding.

No comments: