Sunday, 23 January 2011

Australia Day 2011

Kan jy glo dis weer sulke tyd?!
Presies 'n jaar terug het ons gebibber met 'n uitspattige kouefront in die middel van die somer. Vandag was egter 'n heerlike warm somersdag.

Verlede jaar het ek berig waarom Australia Day gefier word en gaan beslis nie nou weer die vervelige feite uithaal nie.  Hier is egter 'n paar foto's om die dag te onthou.

Elkeen kry 'n gratis bottel water, sunscreen en die kids elk 'n speelding en lolly.
Stalletjies


 Selfs 'dedicated' areas vir verlore kinders en as 'n mamma wil borsvoed is daar spesiaal 'n tentjie opgeslaan.
Zuniga en Kayleigh kry toe hulle ouers by die 'lost children' area...
... en hulle 'long lost brother' was ook daar.


Ons trotse Aussie
Polisie was weer volop.
 Pirates opsoek na vars 'eyeballs', 'n regterhand en 'n been.
 Ons Burgermeester maak die gebruilike toespraak


 Jessica Mauboy het die jaar opgetree.
 Die vuurwerkvertoning was weereens 'n wenner!
Ek weet nie of julle vir Jessica Mauboy ken nie, maar hier is een van haar bekendste liedjies, Saturday, se musiekvideo.

2 comments:

cat said...

Hi - ek het sommer hier kom inloer van Hes se blog af - goed om julle te "ontmoet"

Van Rooyen said...

Hi Cat! Goed om jou ook te ontmoet! Sterkte met die totsiense aan die Nienabers. Ek weet dit is niks lekker nie.