Thursday, 3 November 2011

You can touch the dust but pls don't write in it!

So wat het gebeur die afgelope 3 maande?

My pa het in die Midde Ooste begin werk. (Hierdie foto is met sy selfoon geneem oppad na sy blyplek)


Ellis was vir 'n rugby toer in New Zealand waar hy ook sy verjaarsdag gefier het. 












Ek het verjaar en my mater vanuit Sydney het my kom verras.

























Ek is ook bly om te kan sê dat ons die bitter koue winter oorleef het.
En o ja, ek het 'n nuwe werk begin....vandaar my nuwe stof wetgewing.

Uiteindelik na twee jaar is ek weer deel van 'n korporatiewe lewe. Ek kan nie aldag sê dis ideaal nie, maar soos my mentor altyd vra: 'Nou wie het nou al ooit vir jou gesê werk is lekker?'

Ek het gedink ek 'interview' vir die posisie van algemene kantoordame of die een wat die koffie gaan maak en die filing gaan doen . . . jy weet, onder begin omdat ek nie admin ondervinding het in Oz nie en omdat dit die rede is waarom ek tot nou toe nog nie werk gekry het nie.

Wel, ek is aangestel as Koördineerder. 'How is that one for flavor?'  My werk is basies om te sorg dat alles glad verloop en ek is die Liason tussen die Call Centre, Field agents, installeerders, accountant, finansierings mpy, CEO en die regering vir invordering van rebates.
Die beste deel van die werk is egter die deel dat ek net skoolure werk. Yip, begin 9am loop 3pm en het die hele middag met die kinders.

Nou waar werk ek vra jy? Vir 'n solar mpy. Ons verkoop en installeer solar panele en het nou onlangs patentreg gekry vir die vervaardiging en verspreiding van solar glas! Nou dit is die opwindendste van alles. Jy kan al die buitevensters van jou huis vervang met glas wat goedkoper is as die glas wat jy gewoonlik gebruik, plus jou vensters maak solar energie en die glas lyk amazing! Dit lyk soos gewone eenrigting glas. Jy kan selfs jou eie kleur kies as jy dalk pienk of groen vensters wil hê en as jy dit vir jou mpy wil koop dan kan jou logo ook nog daarop wees. Die glas is basies onbreekbaar (is dit nie ideaal vir SA vensters nie?) en alhoewel ons fokus op hotelle, woonstelle en kantoorblokke is dit ook ideaal vir residentiële gebruik.

Ok, nou het jou klaar verveel met werk stories en dalk ek het eintlik die heel beste vir heel laaste gehou.
Ons het uiteindelik by 'n kerk gemeenskap ingeskakel.  Ons is genooi deur 'n meisie wat saam met my by die Cosmetic mpy gewerk het en oh boy! Die heel eerste dag het gevoel of ons terug is in SA! Ons het sommer dadelik by 'n 'friendship group' ingeskakel waar ons nou elke 2de Saterdag bymekaar kom vir lekker ontbyt en bietjie gesels. Kayleigh is deel van Kidsmania Sondae gedurende die diens en Zuniga het ingeskakel by Youth wat Vrydag aande 7-10 is. Baie erg vir ons om haar daar te gaan aflaai tot daai tyd van die nag.

All and all kan ek se ons begin nou lekker inskakel en deel voel van 'n gemeenskap. Die somer is hier en die toekoms lyk blink.

Ons volgende avontuur....begin met daai damn Permanent Residency aansoek!

Liefde vanuit 'n (nogsteeds) koue Melbourne!

Monday, 25 July 2011

On A Whim

Die lekkerste kuiers of vakansies is mos daai wat jy so op die ingewing van die oomblik doen.
Wel, hier in Oz is dit nie anders nie. 10uur Saterdag oggend sê Ellis dat hy oor 'n uur ry om te gaan sneeu soek!
Opeens is ons kalm huis omskep in 'n malhuis - soos gewoonlik....
Sneeu is nat en tussen my eie pakkery skree ek vir kids om ekstra stel klere in te pak. Ek weet nie eens hoe ver ons gaan moet ry om sneeu te kry nie - dalk moet ons oorslaap :). Nou gee ek opdrag om ekstra stel onderklere in te sit en toiletries.
Onthou 'n serp en handskoene, het julle ooit mussies? O genade, onthou tog om sonbrille in te pak. Ek het eenkeer gelees dat mens kan blind raak as die son op sneeu skyn....of het ek?


Soos net 'n ma kan kry ek dit reg om binne die uur te pak, die kids uit te sort, snacks in te pak en ook ontbyt te maak van scramble eggs en toast. Binne die uur is ons klaar gepak, geeet en gereed om te ry.


Marysville is presies 139km van ons huis af en dis in die Yarra Ranges waar ons besluit ons wil sneeu sien.
Jy moes in Februarie 2009 oor die nuus gesien het van die vreeslike brande in Australia? Dit was so paar maande voor ons oorgekom het en in die tyd wat Ellis kom werk soek het.


Hier stop ons by 'n pragtige meer binne die Yarra Ranges


  Marysville het voor die vreeslike brande wat hier bekend staan as Black Saturday 'n populasie van 500 mense gehad. Op 7 Februarie 2009 het die brand ontstaan en op 19 Februarie 2009 was die doodsyfer 45 (net in Marysville) en 90% van die dorpie is verwoes. Die Laerskool, Polisiestasie en amper al die huis het afgebrand.  Die inwoners wat dit kon maak het in die Alexandra High School gaan skuiling soek. As jy op Google Earth gaan kyk sal jy sien hoe die dorp gelyk het voor die brande, maar nou is daar net 'n paar huise, 'n tydelike plek waar jy ski toerusting kan huur en 'n nuwe bakkery.


Die Bakery Cafe. Hulle het die heerlikste tuisgebakte eetgoed en dis die naaste wat ek ooit aan 'n tuisnywerheid in Australia gekom het.



Natuurlik het die Van Rooyens geen sneeu klere nie en gaan huur toe sommer by die tydelike ski hire winkeltjie. Duidelik is hy nog nie herbou na die brande nie en hulle doen sommer besigheid vanuit 'n 'container' vir die oomblik.


Vanuit Marysville is dit net so 30km dan bereik jy die Mountain Lake Alpine Resort waar daar heerlik geski word. Ons het absoluut geen ondervinding in ski nie en het besluit om op ons skiborde te bly vir die dag.
ier volg so paar fototjies van ons. Ek en Ellis wat ons soos kinders gedra en ons kinders wat nie kan glo dat hulle ma en pa soos kinders kan aangaan nie!


 

























Ja, ons het dit vreeslik baie geniet en sodra die winter uitverkopings begin gaan ons beslis vir ons elkeen 'n ski-pak koop en ja, vlg jaar boek ons vir 'n naweek / week by 'n ski oord in en gaan vir ski lesse en die hele kaboel.


Groete van uit Melbourrrrrrne!

Saturday, 23 April 2011

The end is near . . .

En so kom ons heerlike kuiertjie toe op 'n einde.
Ons ry nou-nou om Ouma en Oom Wessie lughawe toe te neem en te sê: 'Tot Weersiens!'
Ons gaan ons pose hou en met 'n glimlag om die lippe en 'n traan in die oog afskeid neem en huistoe ry en vir mekaar sê: 'onthou jy toe ons dit gesien het....onthou jy toe ouma dat gedoen het...onthou jy toe dit met oom Wessie gebeur het....'
Ja, inderdaad 'n heerlike 5 weke wat ons vir altyd gaan onthou en koester.

Hier volg ons laaste week se wedervaringe:

Donderdag aand na werk kom ek en Ellis huistoe na 'n heerlike paasete.





Vrydag besoek ons die Royal Botanical Gardens.



 Vandag is ons na KMart om te gaan foto's ontwikkel en laaste memerobelia vir Ouma en Oom Wessie te gaan soek.
 En nou - nou net het ons teruggekom vanaf ons laaste Avondmaal hier in Australia saam ons gaste. Weereens 'n baie heerlike aand!





Hierdie is nie vaarwel maar net totsiens
tot ons weer ontmoet.

Sunday, 17 April 2011

Twee weke later

Ons kuier staan nou gou einde se kant toe en met nog soveel wat gedoen en gesien moet word weet ek nie lekker hoe ons alles gaan inpas nie. Ons moet nog Botaniese Tuine doen en het net vlg Saterdag daarvoor. Saterdag nag vlieg die oumense terug en klink my daar moet ernstig gepak word. Dan wil hulle graag weer ingaan stad toe. Ons was gister daar maar het meer as die helfte nie gesien nie.

Maar kom ons gaan eers aan waar ons laas opgehou het....

Saterdag na die laaste inskrywing het ons gaan middagete eet by Hungry Jacks.
 Vandaar is ons na die welbekende St Kilda strand. Die weer het nie saamgespeel nie en dit was vreeslik koud en mistroostig.


 Die Dinsdag, terwyl ek werk het hulle gaan kyk hoe Kayleigh hardloop vir span in Cross Country. Sus het span gehaal en hardloop oor 6 weke 3km vir haar skool.
 Verlede Vrydag na skool is ons na Altona Beach, ons geliefde swemstrand.





Ons sluit die dag af met pizza by 'n straatkafeetjie, Numero Uno. Behoorlik op die straat. Sien jy die kar daar agter oom Wessie verbyry?


Saterdag sit ons af na Phillip Island wat legendaries is vir sy pikkewyne - waarvan ons nog een moet sien ...
In plaas van pikkewyne kom ons toe op die Conservation Centre vir Koala's af. Wat 'n wonderlike ervaring om arm lengte weg te wees van die wesentjies.



Die 'Laughing Kookabura' is nog 'n Australia inwoner wat - so ver ek weet - slegs hier voorkom. 'n Eienaardige voël met kop heeltemal uit proporsie met sy lyf. Hy sal heeldag in een boom bly waar hy af en toe sal afvlieg om 'n insek op 'n ander plek te kry. Aan die einde van die dag verlaat hy sy sitplek met 'n geluid wat baie naby aan 'n lag klink om sy gebied te 'merk'.




Kayleigh en Ellis dink dit goed om hulle sandvoete te gaan afwas op die pier. Wag so rukkie tot 'n brander hoog genoeg spat om deur die gate in die plaat te spat. Ai tog . . .


Net van die eiland af terug Melbourne toe is hierdie interressante plek. Lollies en chockolates duidelik baie Ozzies se stapelvoedsel.



Gister  het ons die stad ingevaar met die trein.


Onder is Victoria mark se heerlike vars vrugte en groente


Ek het die geselskap vir so uur verlaat om na 'n uitstalling van koning Tutankhamun te gaan kyk in die Melbourne Museum en hulle almal het in die museum rondgewandel en allerahande interressante dinge gesien.