Thursday, 30 September 2010

Die 40's en Sydney

 ... en daar slaat Ellis toe ook die 40's.
Of is dit die 40's wat hom geslaat het?
Met lagplooitjies om die oë en 'executive grey' langs die slape?
Jy het die boep en grillerige borshare vrygespring...en hopenlik die man-o-pause ook.

Hierdie is ook 'n verjaarsdag wat jy nooit ooit sal vergeet nie en nie net omdat dit 'n groot ene is nie, ne?
Ja nee, getrou aan Van Rooyen tradisie kon die dag mos nie net normaal verloop soos ons hom beplan het nie. Die beplanning jy sien, was om 4uur op te staan, vir pappa sy persente te gee, aan te trek, te eet en 5uur saam Warren lughawe toe te ry. Op die vliegtuig te klim en 'n heerlike langnaweek in Sydney by die Diques deur te bring....

Maar toe! Alles verloop volgens plan tot ons op Tullemarine lughawe beland. Warren doen sommer so 'double parking' op 'n taxi zone want ons gaan mos net tasse gryp en hol.  Met die Afrika bloed wat nog warm deur ons are vloei sluit ons die deure soos ons uitklim, Warren stap 'boot' toe en 'oh bugger' is die 1ste woorde wat vir my sê hierdie dag gaan nie volgens plan verloop nie. Die damn sleutel is in die kar en alhoewel die bestuurders kant se deur nie gesluit is nie, kan die ding nie van buite af oop maak nie!! HOOR jy die histerie in my stem?

Soos 'n mal ding hardloop ek na die koffie en pastytjie stalletjie ' Do you have a knife with a very long blade?' Waarom ek vir 'n bleddie mes moes vra en nie 'n spatula nie is iets wat ek tot vandag nie weet nie. Met groot oë en handgebare aan die sekuriteitswag skud die girltjie net haar kop. Ek verduidelik nie eens verder nie. Hardloop net terug kar toe. Die deur is nogsteeds gesluit.

Ellis se beurt. Hy hardloop in die donker oggend ure rond en vra almal wat dalk kan help. Niemand. Ons begin gespanne raak dat Warren 'n boete gaan kry. Ek besluit ek vlieg vandag sonder klere, maar Sydney toe sal ek gaan!  Gaan trek geld vir ingeval ons 'n locksmith moet kry laat hoor Ellis van hom. Ek trek die geld en besluit om sommer tot voor in die ry te stap waar die mense inboek en hoop net nêrens is daar wagte met daai guns wat 'n koper draad uitskiet en jou skok nie. 'I need something long, flat and hard' - tot vandag nog nie 'n antwoord uit die girl gekry nie. Daar agter is 'n kantoortjie en ek hardloop soontoe want ons vlug word al geroep! Na lang gesukkel en verduidelik kry ek 'n draadhanger in die hande. Oorhandig die ding aan Ellis want ek het hom mos 'n maand terug toevallig intensief les gegee in hoe om by 'n Hyundai in te breek sonder om skade te maak. Maar nee, die man kry nie regte plek nie. Hierdie is 'n ander model as myne sien. Ek vat die hanger van hom af en na probeerslag 3 sê Zuniga, die knoppie beweeg! Nog een keer en daar! Die knoppie spring oop. Ek was nog nooit in my lewe so bly ek kan by karre inbreek nie!!

Op die nippertjie stap ons met ons bagasie die lughawe in. Son het al uitgekom en almal is dood van die honger, maar daar is nie nou tyd vir eet nie.

 In beter luim, want ons is in Sydney met al die bagasie.
 Sydney Harbour Bridge vanuit die kar
Die 4 Drama Queens is weereens uiteindelik bymekaar!
 Ellis en Joe vat die kids partjie toe terwyl Andrea en ek die maaltyd voorberei.

 Champers op die Birthday Boy!





Blaas die singende kersie uit. Die longe is darem nog sterk.
 Ai, ek is darem lief vir jou my ou man!
 Vrydag vat Joe ons bietjie op 'sight seeing' Hier is ons by Manly Beach
 
 Hierdie is vir my te wonderlik. Jy kan jou waterbottel weer volmaak met heerlike yskoue, gratis gefiltreerde water of sommer net jou hand bakmaak en drink.
 Ek dink die oom het so in die swem gesterf en versteen :)




 Hierdie is Palm Beach en jy kan sommer sien die ouens wat hier bly is skatryk.

Vrydag aand gaan verf ons die stad rooi. Julle moet erken hy lyk nie 'n dag ouer as 35 nie.
 Sydney Harbour Bridge met al sy liggies.
 Opera House.
 Hierdie is 'n ou tronk wat omskep is in 'n restaurant. Jy kan of in die selle eet of deurstap en in die binnehof onder maanlig sit. Let op die 'Display Cabinets wat onbeman dwarsdeur die dag en nag vol goed daar staan.
Ellis, die Here is ons gesin se rots, maar jy is 'n baie belangrike pilaar.
Dankie dat jy daar is om my te verstaan en te ondersteun. Sonder verwyte en teregwysings luister jy altyd as ek of die kids afpak. Jy gee raad wanneer ons raad vra, maar dwing dit nie op ons af nie. Jy weet wanneer om net niks te sê nie en maar net te luister.
Jy is die een wat verjaardae en belangrike datums onthou as ek dit vergeet.
Jy werk harder as enige iemand wat ek ken en jy kon lankal opgegee het, maar jy hou aan vir jou gesin.
Jou sin vir humor en onvoorwaardelike liefde vir my en die kinders is meer werd as enige iets wat ons al ooit besit het.
Ons is baie lief vir jou!
Lien, Zuniga en Kayleigh

Monday, 13 September 2010

I Am Australian

I am Australian is 'n Australiaanse gedig wat in 1987 deur Bruce Woodley geskryf is.
Dit het baie historiese en kulturele verwysings soos 'digger' wat 'slang' is vir Ozzie soldate en Ned Kelly, 'n koelbloedige moordenaar wat in die 1800's geleef het. 

Op baie geleenthede, bv Australia Day en Nuwe Jaar word die lied ipv die Australiaanse Volkslied gesing en word ook op ander geleenthede erken as 'n alternatief tot die Volkslied.
Die gedig is in 1997 in 'n liedjie vrygestel en vandag leer kinders dit op laerskool as 'n belangrike deel van die Ozzie geskiedenis.

Dit is ook die lied wat gesing word op Citizen seremonies.


- We are one, but we are many, and from all the lands on Earth we come, we share a dream and sing with one voice – I am, you are, we are Australian.