Saturday, 31 July 2010

Treine, Busse en Trams

Ons is vanoggend per trein in stad toe.  In die middestad het ons by Flinders Stasie (foto) afgeklim en al die eet-, en koffiestalletjies bewonder.
Van daar pop ons gou in by Federation Square se Visitors Centre (foto). Die linkerkantste deel van die grys gebou.

 Met al die nodige pamflette in die hand sit ons af op ons ekspidisie. In die agtergrond van die foto is ACMI - Australian Centre for the Moving Image waar daar tans 'n Alice In Wonderland uitstalling is.
Toe soek ons die Free Tourist Shuttle op vir bietjie sight seeing.
Die naaste stop is voor die legendariese en pragtige St Peter's Katedraal. Die gebou is asemrowend en heeltemal te groot om met kamera vas te lê, maar hier is so stukkie van onder van die trappe af.
'n Hotel waarop Mary Poppins Musical geadverteer word.
Hier is nog so paar foto's van St Peter's vanaf 'n afstand.
Die kids wou graag China Town toe en ons het in een van die Deli's die lekkerste broodjies en koek gekoop.
Natuurlik kon ons nie verby Starbucks sonder om in te gaan nie! Eet toe sommer ons koek saam die koffie.
Hierdie groepie het protesteer teen die regering se besluit om illegal immegrants uit die land te sit, ek meen, hello?! En het daai girl 'n stem!!

Ek wil so bank in my tuin hê. Sonder die ou agter se matras.
Terwyl ons vir die Tram wag kyk ons maar hoe hulle die state skoonvee.
en hier kom die Tram
Ons het Harbour Town weer bietjie explore ...
Hierdie fiets sisteem is 'n nuwe inisiatief van Victoria. Jy huur die fietse en ry tot waar jy wil wees, lock die fiets net weer in waar jy ookal stop en vat die bus / tram / trein verder. Daar is 'n hele paar sulke fiets stasies in die stad en jy huur jou fiets per uur, dag of maand. Jy lock die fiets obviously elke aand in by een van die stasies en kry dit net weer more. Ideaal vir mense wat in die stad bly en werk of studeer. Of soos Ellis wat in die suburbs bly en trein invat. Jy kan dit net huur met 'n kredietkaart wat jy in die paystation druk.
Etihad Stadium waar die All Blacks en Wallabies vanaand gespeel het.
All Blacks 49  Wallabies 28 : Well done All Blacks!
Uiteindelik weer op die trein terug huistoe!

Of is ons? Ellis en Zuniga besluit hulle is eintlik lus vir Lord of the Fries by Flinders stasie se slapchips. Ongelukkig het die trein al begin loop. Dus, klim ons by die 1ste stasie af, hardloop na die ander platform, en neem die vlg trein terug na Flinders, kry die chips, spring weer op die 1ste en beste trein terug na Sunshine stasie... Kayleigh het ons dood voor oë gesweer as ons haar were deur sulke stress sit.
Uitgeput terug by die huis en dankbaar ons almal het dit veilig terug gemaak.

Friday, 23 July 2010

'The Rude Awaikening'

Die oggend toe ek so goed beduiweld opstaan het ek gedink alles gaan verkeerd loop, maar in plaas daarvan gaan my ogies toe mos mooi oop. Alle illusies is weg - die vakansie is verby.
Die lewe in SA en die lewe in Oz is al so inmekaar gevloei en dis moeilik om te onthou hoe was dinge in SA.   Motors en hulle nommerplate lyk nie meer vreemd nie. Die plattlandse gevoel, vryheid en gevoel van veiligheid is nie meer snaaks nie. Dis selfs nie eens meer 'n ervaring om self te gaan petrol ingooi of bande pomp nie. Produkte in die supermarkte en die supermarkte self is nou al so bekend ek wonder soms hoe ruik Handy Andy nou weer en hoe lyk Dove shampoo in SA bottels nou weer? Is daar Dove shampoo in SA? Wat is daai groen seep waarmee ek altyd skottelgoed gewas het se naam nou weer? Dis wonderlik om te weet Coles is to middernag oop ingeval jou dogtertjie 11uur die nag uit haar slaap wakker skrik omdat sy onthou van iets wat more MOET skooltoe.

Ja SA en OZ is lieflik inmekaar gevleg.

Ek scan vinnig op die internet die Beeld se opskrifte deur - Nog 'n boer op sy plaas vermoor - nog 'n sportheld verneuk sy vrou. Ag nee magtig, dis 'depressing' - Slaan gou oor na Oz se Herald Sun - another Indian student has been killed - another Footy Hero cheated on his wife.

Ons is al deur 3 verjaarsdae - Kayleigh, Zuniga en die Queen.
Ons al vier het al haarsnye gekry en was in totaal al 4 keer vir een of ander mediese geval by die dokter. Hare is al gekleur, skool uitstappies bygewoon, skool rapporte ontvang en 1 keer getrek. Deur 'n somer en halfpad deur 'n winter. (Ek sê halfpad want die winter hou aan tot Oktober)

Ons mis ons familie en vriende, ek smag na 'n tuisnywerheid rolkoek, die kinders soek verbrande Spur burgers en Ellis bid vir 2 pare pikswart hande wat hom by die werk kan help bokse optel.

Ja, die vakansie is verby en Oz is nou ons tuiste.
Hier is so paar interressante feite oor Oz wat ek al raak gelees het:
  • In 1967 het hulle 'n 'prime minister' verloor. Harold Holt het hier in Victoria in die see gaan swem en is nooit weer gesien nie. Niemand weet tot vandag toe wat van hom geword het nie.
  • Oz is die wêreld se 6de grootste land
  • Dit is die grootste eiland
  • Dis die enigste eiland wat 'n kontinent is
  • Dis die enigste kontinent wat ook 'n land is
  • Dis die enigste nasie wat as 'n tronk begin het
  • Dis die tuiste van die grootste lewende ding, nl 'The Great Barrier Reef'
  • Dit het meer goed wat jou kan doodmaak as enige ander plek in die wêreld
  • Van die wêreld se 10 mees gifstigste slange kom almal in Australia voor
  • 5 van sy kreature - 'funnel-web spider, box jellyfish, blue-ringed octopus, paralysis tick and stonefish' - is van die mees dodelikste van hulle soort in die wêreld
  • Hierdie is 'n land waar die seeskulpe jou nie net sal steek nie, maar jou selfs sal aanval!
  • As jy nie deur een of ander ding doodgebyt of gesteek word nie, kan jy opgekou word deur haaie of krokodille of hulpeloos die see ingetrek word deur 'n sterk stroom. Of dalk in die woestyn 'n ongelukkige dood sterf in die bakkende 'outback'
  • In 1993 het 'n Japanese kultus groep, Aum Shinrikyo 'n atoombom getoets wat 11:03pm afgeskiet is in die Great Victoria Desert van Wes Australia. Dit was 170 x sterker as die sterkste myn ontploffings in Wes Australia en baie mense wat daai tyd van die nag buite was het die lig gesien, maar dit het die owerheid 4jaar gevat om die plek op te spoor waar die toets gedoen is. LW, die bom sou Tokyo kon vernietig. Die  Great Victorian woestyn alleen is 348,750 km2 groot!
Voorwaar 'n interressante land!