Sunday, 25 April 2010

ANZAC Day

Op 25 April word die hele dag uitgesit vir die ANZAC's. Volgens wetgewing mag geen besigheid handel dryf voor 1uur die middag nie.

ANZAC staan vir Australian and New Zealand Army Corps.  Anzac Day herdenk die 1ste groot geveg wat deur die ANZAC's geveg is gedurende die 1ste Wêreldoorlog in Gallipoli in Turkey. Vandag staan die troepe wat daai tyd geveg het bekend as die Anzac's. 

Tydens die 1ste Wêreldoorlog was die objetief om Gallipoli in Turkeye aan te val en in besit te neem om sodoende 'n oop weg deur die Dooie See te baan vir skepe om Istanbul aan te val en in besit te neem.   Waarom? Want Istanbul en die Duitsers was saam in die bed. Dit was 'n wonderlike plan wat Turkeye binne 'n dag in skaakmat kon sit. Op 25 April 1915 kom die Anzac's in Gallipoli aan en kom te staan teen 'n oorweldigende Turkse mag en die aanval duur 8 maande!  8 709 Australianers en 2 721 New Zealanders sterf tydens die 8 maande in Gallipoli.

Alhoewel die aanval misluk het, word die troepe elke jaar geëer.

Natuurlik is daar 'n monument vir die manne opgerig wat vir my maar baie soos die Voortrekkermonument is. Daar is ook 'n gat in die dak en 'n kis op die een vlak en 11 uur op die 25ste April (elke jaar), skyn die ronde sonkolletjie presies op die middel van die kis. Die kis verteenwoordig al die soldate wat in die 1ste en 2de Wêreldoorloë gesterf het.

Die Shrine of Rememberance is 'n imposante gebou reg langs die Royal Botanical Gardens.


Hierdie woorde is geskryf teen die muur wat julle hierbo sien.

Teen hierdie muur is 4 000 medaljes. Elke medalje verteenwoordig 100 Victoria troepe wat in die 1ste en 2de Wêreldoorloë geveg het. (sluit nie eens die res van die land in nie!)



Die tuin wat julle hier sien is waar derduidende Ozzies elke jaar op die 25ste saamkom om hulle oupas, pa's, broers, mans of wie ook al se aandeel in die oorlog te vier.

Bo-op die pilaar is mans wat 'n dooie soldaat dra. Ook maar simboliek aan die troepe wat gesterf het.
 















Rooi Poppies (die blom) is deel van die simboliek van die Shrine of Rememberance. Die kruis wat jy daar onder sien is wanneer in vol blom vreeslik mooi. In die middel is rooi poppies en die kante is geel rose.














Dan, die beste vir laaste: Tydens die oorlog het die vroue van Australia vir hulle geliefdes op die oorlofvelde 'n ietsie te ete gestuur, maar natuurlik moes dit iets wees wat nie sal vrot nie.  Die arme vrouens kon seker nooit beskuit uitvind nie, siestog. Hulle bak toe maar oats koekies aangesien dit die enigste ding is wat maande lank kan hou sonder om vrot te word.  Tot vandag toe nog koop jy die hele week voor Anzac Day Oats koekies met die naam, wag hiervoor . . . Anzac cookies!

Anyway, hier is die resep. Laat die ou koekiebaksters my nou asb laat weet hoe die resep vergelyk met julle oats koekie resepte, want wraggies, dit proe vir my presies soos my ma se oats koekies!


Traditional biscuits baked by anxious wives and mothers during World War I, packed in food parcels, and sent to the Australian soldiers in the trenches.


Ingredients
1 cup plain flour
1 cup rolled oats (regular oatmeal) uncooked
1 cup desiccated coconut
1 cup brown sugar
1/2 cup butter
2 tbsp golden syrup (or honey)
1 tsp bicarbonate of soda
2 tbsp boiling water

Method
Combine the flour (sifted), oats, coconut and sugar in a bowl.
Melt the butter and Golden Syrup (or honey) in a saucepan over a low heat..
Mix the bicarbonate of soda with the water and add to the butter and Golden Syrup.
Pour the liquids into the dry ingredients and mix well.
Spoon dollops of mixture, about the size of a walnut shell, onto a greased tin leaving as much space again between dollops to allow for spreading.
Bake in a moderate oven, 180C / 350F, for 15-20 minutes.
Cool on a wire rack and seal in airtight containers.

Tips
The American tablespoon is a little smaller than the British tablespoon, so be generous with your Golden Syrup (or Honey) and Water.

If you have any thoughts of keeping the biscuits for any length of time I suggest you keep them in a padlocked container!

For a little variety you may wish to add 2 teaspoons of ginger spice or even Wattle Seeds, a recent addition but don't ask me where to get them.

Mmmm, ANZAC Biscuits.
Enjoy!

Friday, 23 April 2010

The Broadway

We finally moved, but we'll still be around.
We didn't go far just across town!
The boxes are gone,
we've cleaned up the mess.
We'd like to give you
our new address
Please get your
address book and pen
The van Rooyen family
has moved again!


En so trek ons toe vanaf Milburn Circuit na The Broad Way.
Ek het nog nooit so terugverlang na SA soos die naweek nie. Daar is darem maar al die hulp wat 'n mens kan vra.  Hier is ook hulp - teen 'n stywe prysie.

Heel week het ons huis gepak en huis geskrop.  Tuin omgeskoffel en nog gepak.  Saterdag oggend daag hulp (1 man) op met 'n trok. Die ding word van vloer tot dak gepak, van agter na voor...en die helfte van die meubels staan nog in die huis.  Na trippie 2 is Milburn huis leeg en Broadway huis vol. Milburn huis van voor af vuil en Broadway huis al klaar vuil...

Ons x-buurvrou bring 'n pot gammon sop met vars brood oor en ons deel die fees met die hulp.  Betaal hom en laat hom weer sy ry kry.

Ellis slaan beddens op, ek soek handdoeke en slaapklere, almal bad, eet weer sop en gaan slaap.  Sondag is almal vroeg op want Milburn moet skoon en die gras moet gesny word!  Benji huil verwoed omdat hy nie alleen wil agterbly nie. Laat aand is Milburn darem skoon en Broadway se bokse klaar uitgepak en Benji weer herenig met sy familie.

Maandag, ai die liewe Maandag.  Ellis het darem dag verlof ingesit, want net voor hy kids skool toe vat daag ons container uit SA op - yippeeeee! Ellis ry met kids skooltoe terwyl die huisraad afgelaai word. Van die skool af vat Ellis die Hyundai vir sy Road Worthy Checkup en Certificate. Intussen kom ons agter 3 bokse is missing in action.  Ellis kom by die huis aan en Foxtel daag op om ons TV uit te sorteer.  Die 3 bokse is nogsteeds weg. Ons begin solank die 54 ander bokse uitpak en is tegelyketyd in ekstase en hartseer.  Die hartseer raak al groter as ons agterkom dat ons familieportret in een van die 'weg' bokse is. Ek bel Grace Removers - nog geen teken van die verlore huisraad.

Nog bokse word uitgepak en kids se kamers ontaard in kamers van ouds - hulle kom by die huis en Zuniga sê sy voel of sy in Pretoria is.  'Ja my kind', sê ek. 'Dit voel vir my ook so. 3 Bokse is weg.'

Vandag is Vrydag - amper 'n week na die trek.  2 Vriendinne het al kom koffie drink en my kar is uiteindelik op my naam. Die 3 bokse is nogsteeds weg. 

Na die 18de trek sou mens dink ons weet hoe.

Ons baba is nie meer so klein nie. Hier is ons voordeur met hoofslaapkamer weereens by die ingang.
huis se vooraansig.

straat op
straat af

van die voordeur af
van voordeur af gang op. Hoofslaapkamer aan linkerkant.
Die deur wat jy regs sien gaan garage toe.
hoofslaapkamer
TV kamer (rumpus room) oops, effe geblur



studeerkamer (of is dit studeurmekaarkamer?)
kombuis?

waskamer


Zuniga se kamer
Kayleigh se kamer. Sy bank bietjie skool. Nou al 2 dae lank siek.
kids se badkamer. Ons s'n lyk ook so behalwe ons het nie bad in nie.
spaarkamer. Wie gaan hom 1ste gebruik?