Sunday, 21 March 2010

The Great Ocean Road - Victoria


Die Great Ocean Road strek oor 243 km langs die kus van Victoria. Dit begin by die dorpie Torquay en eindig by Warnambool.   Dis een van Australia se grootste en mooiste natuurskoon paaie. Die konstruksie was begin om werk te skep aan die soldate wat vanaf die 1ste Wereldoorlog teruggekeer het en dien as 'n Herdenking aan die mans en vroue wat in die oorlog gesterf het.

Alhoewel ons die hele dag op die pad was het ons nie eens die helfte van die roete gedoen nie. Daar is eenvoudig te veel plekke waar jy wil stop! Soos julle weet regverdig foto's nie landskap nie, maar hier volg nogsteeds 'n paar.

Hierdie is die Splitpoint Lighthouse en is in 1891 gebou.
Gordon Reid se boek 'From Dusk till Dawn' handel oor een van die werkers se lang nagte. Hier is so stukkie uit die boek:  "The keeper at Split Point at Airey's Inlet in Victoria did not exactly sleep on the job but he did not see why he should be deprived of his social life at night. He scratched a small hole in the black paint on the back of the lantern, which prevents the light shining inland and annoying residents. This keeper, Richard Joy Baker, scratched the hole to line up with the Airey's Inlet Hotel. Each time the lenses rotated, the light winked through the hole, assuring the keeper (who had retired to the hotel) that all was well."


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Die uitkykpunt hier onder het veroorsaak dat ons 'n lang tydjie vertoef. Dis 'n inhame wat met hoogwater toe onder die water is. Aan die oorkant is 'n plaas met klomp perde op. Sal nie omgee om hier te bly nie.
 















Hi, kyk net wat staan daar!














Apollo Bay het ons harte gesteel en ons maak sterk planne om daar te gaan bly. Jeffereys in Australia.













Sunday, 14 March 2010

Royal Botanical Gardens

Ons het vandag besoek afgele by die Royal Botanical Garden in Melbourne.

Melbourne se Botaniese Tuine is in 1846 geopen deur Goeverneur Charles La Trobe. Dit is langs die Yarra Rivier en Suid van Melbourne middestad.


Dis ongelooflik om te dink dat die stukkie paradys oor 'n tydperk van 60 jaar ontwikkel is uit 'n 'swamp'.
My brein sukkel nog om dit wat die oog gesien het te verwerk, daarom dink ek die foto's sal 'n beter beskrywing wees as wat ek ooit kan gee. Geniet . . .









Soos so baie ander plekke Australia maak die tuine ook voorsiening vir sy toekoms - die kinders van vandag. Hierdie spesiale plekkie is 'n feetjie paradys.









Die 'Ancient Grandmother Tree' - lank lank gelede, ongeveer 10 000 jaar gelede was daar 'n ou River Gumtree. Sy het op die banke van die Murrayrivier gegroei waar haar takke die water oorskadu het. Die rivier se vloed was vinnig en oor die jare heen het dit haar stam weggevreet. Die groot ou boom het stadig maar seker gesink tot op die bodem van die river. Daar het sy in vrede gele vir duisende jare. Chemikalie in die water het haar beskerm teen verrotting en stadig pikswart verkleur



 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Saturday, 13 March 2010

Gippsland

Vandag het ons en ons gaste so bietjie die Gippsland gaan verken.
Daar waar ons Benji gaan haal het. Ons het in die pad geval . . .

. . . en net begin moeg raak toe ons die pou langs die pad amper raakry.
Gelukkig is Ellis se bestuursvernif baie goed en geen mens of pou is beseer nie.

Ons het vandag gefokus op Yarragon, 'n prentjiemooi dorpie op die platteland.
Dis 'n dorpie wat mens baie herinner aan Parys in die Vrystaat. Selfde atmosfeer, selfde tipe geboue en kunstige klein winkeltjies en koffie kroee.
Daar is 700 inwoners in Yarragon en is 115 km buite Melbourne aan die voet van die Strzelecki bergreeks.

Ons het lekker piekniek gehou en rustig teruggery huistoe.

Queen Victoria Mark

Queen Victoria Mark is Victoria se mees prominente opelug mark.  Dis 'n vooruitstrewende, noodsaaklikheid in Melbourne met polsende lewe.
Die vriendelikheid van die stalletjie eienaars gee die mark 'n ouwereldse sjarme en het verslawende uitwerking op sy besoekers. 

Die mark soos hy vandag hier staan is 130 jaar oud. 20 Maart 1878 het die mark sy deure oopgemaak en was in sy bestaanstydperk al 'n begraafplaas, 'n lewende hawe mark, 'n grootmaat groente en vrugte mark en vandag die veelvuldige mark wat dit is.
Dit was 'n begraafplaas tussen 1837 en 1845 en daar is sowat 10 000 van die vorige setlaars begrawe. In 1917 is 914 liggame opgegrawe en na ander begraafplase verskuif, maar nog sowat 9 000 van die liggame le nogsteeds begrawe onder die mark se parkeerplek! Daar is darem 'n memorial passage vir die siele opgerig.



















Ja dis reg, jy sien 'n eg Suid Afrikaanse mark. Omtrent elke tradisie en land het sy stalletjie hierso en ons was verras opgewonde om 'n SA stalletjie te sien!
Sien hoe lekker hang die biltong daar en ons het elk selfs 'n stukkie gekry om te proe - heerlik.
Die emmertjies wat jy daar reg agter sien is mieliemeel en natuurlik eet ons more paptert vir die 1ste keer in 4 maande. Oormore is dit pap en sous. Die dag daarna slappap, daarna stywepap en so sal ons aangaan voor die emmertjie miet kry. Sal seker so gaaivol wees dat ons weer vlg jaar die tyd die stalletjie sal besoek vir nog 'n emmertjie.



































Die mark buite. Wonder op hoeveel dooies se tone ons vandag getrap het :)




















In 1970 wou ontwikkelaars die mark ontwikkel in 'n hotel en kantoorblok, maar die gemeenskap het gepraat en die National Trust het dit verklaar tot 'n historiese gebou en dit so noteer in die 'Historic Building Register'.