Saturday, 20 February 2010

Emmigration Wifes

Wat ‘n week!!

Dit het stadig begin. Ons het Sondag ‘n kinder partytjie gehad en gesels oor hoe vervelig dit by die huis is en dat ‘n casual job nou ideal sal wees.

So se een van die mans dat hy vir ‘n mpy werk wat besig is om ‘n Call Centre op die been te bring en hulle stel mense net op casual basis aan. Omdat ek ‘n ma is sal ek ook dus kan kies om se maar van

10 – 2 in die dag te werk. Baie opgewonde mail ek Maandag my CV aan hom. Dinsdag kom die oproep van HR. Dankie vir die CV, maar hulle het ander pos vir my ingedagte. Wil ek nie PA wees vir die Cards Manager (basies die hoof indoena) nie? Fantastiese salaries, goeie mpy voordele, die hele toetie! Enigste negatief – werk van 9 – 5 en aangesien dit ‘n hoe profile pos is, kan hulle verwag om oortyd en naweke ook te werk, maar oortyd geld is altyd dubbel salaris. Ek is nogsteeds baie opgewonde en bel Ellis met die nuus. Dit was maar stillerig aan die anderkant van die lyn, maar ek is te opgewonde om my daaraan te steur. Gaan haal kids by die skool en Z gee my die ongelooflike nuus dat sy 2de gekom het in borsslag. Kom by die huis en die eiendomsagent bel my om te se die huis wat ons huur is verkoop, maar moenie worry, dis ‘n investor en julle kan ‘n verdere 3jaar huurkontrak teken. My dag kan net nie beter nie!

Ek vertel die kids van die werk en die wonderlike vooruitsig dat ek nou vir hulle alles sal kan koop wat hulle klein hartjies begeer! Intense stilte heers in die huis vir die vlg uur of wat.

Zuniga gee my al die negatiewe dinge van ‘n werkende ma en Kayleigh beaam alles.

Woensdag oggend groet Ellis met ‘n ‘onthou, jy hoef regtig nie te gaan werk nie’ en oppad skool toe kry ek weer die speech oor die voordele van ‘n ma by die huis. Zuniga kan regtig public speaker word. Terug by die huis bel ek die HR en se baie dankie, maar ek is nou eerste ma en gade. Kan ongelukkig nie ‘n pos aanvaar wat gaan veroorsaak dat ek smiddae en vakansies my kids vir hulle eie genade moet oorlos nie. Lank na hy die foon neergesit het luister ek nog na die piep-piep syn. Dalk, net dalk praat hy weer en se ok, you make the hours. Eindelik sit ek die foon neer. Die foon lui – ek antwoord baie opgewek, want sien, dis dalk HR. . . dis die agent wat laat weet die koop is gekansselleer en die huis is weer in die mark! My dag kan nie slegter nie!

Donderdag kom Zuniga by die huis met die wonderlike nuus dat sy skole span gehaal het en vlg Woensdag swem sy vir haar skool teen al die ander skole in Melton Shire. Weereens is ek trots en net daar besluit ek om trots in my trotse kind se mooi blou gelukkige ogies te kyk is baie meer beloning as $5 000 in die bank elke maand.

Vandag het ek saam 2 vriendinne koffie gedrink en heerlike tuisgebakte dadelbrood ge-eet en vir 3 ure van die steam mop vergeet. Ons het weer gepraat oor huisvrou wees, maar die keer het ons al drie heelhartig saamgestem, huisvrou wees is after all nie so sleg nie.

Dus, vandag salute ek jou met besem in die hand, stoflap oor die skouer en ek se Viva, huisvrouens van Melbourne, VIVA, ons is hier om te bly!

Friday, 12 February 2010

Ondankbare vrou

Die aand wat ons voet aan wal gesit het in Oz was die enigste huisware in die huis 'n eetstel.
Die oomblik dat ek die stel gesien het het die sooibrand ingeskop. Kom ek wys jou gou waarom. Hier is 'n foto van een van die borde:
Ja ek weet, aaklig verby.

Wel, so gee my buurvrou Kersfees vir my 'n 16 stuk eetstel. 'n Gewone stel, soos ons dit ken. Stoneware met 'n blou randjie om en die aaklikge maroon en goud stel word verban tot die donker dieptes van 'n kombuiskas en die sooibrand verdwyn.

Soos julle seker weet het ek 'n paar ongelukkies in die kombuis gehad die afgelope 2 weke en een van hulle was een my pragtige nuwe eetstel se papbakkies. So word ek toe verplig om 'n papbakkie vanuit die donkerste dieptes van die kombuiskas te haal.

Wel, so paar dae terug droog ek die ding af en neem vir die 1ste keer notisie van 'n stempel aan die onderkant. J&G Meakin met 'n kenteken. Kyk hier.
Meer 'n geval van niks om te doen nie as enige iets anders gaan Google ek die naam.  Groot was my verbasing!  J&G Meakin is gestig in 1845 in London deur mnr Meakin en sy 2 seuns James & George Meakin.  Hulle het so goed gegroei dat hulle in 1859 reeds 1milj stukke per week gemaak het! Hulle was hulle jare ver vooruit. So elke paar jaar verander hulle ietsie aan die logo om dit uniek te maak tot daai era se patrone.

Om terug te kom na ons stelletjie. Toe ek my weer kon kry staar ek op die internet na 'n foto van ons eie
J&G Meakin bord!  Ek het die beskrywing gelees en my bord bestudeer, sooibrand beveg, weer gelees en weer bestudeer.  Want sien, ek kan nie glo die bord wat ek vashou is 'n oorspronklike J&G Meakin nie. Waarom nie? Want ek het 6 dinner plates, 5 lunch plates, 5 side plates, 6 bowls, 4 koppies en pierings, 4 pierings met koppies met 2 ore (nie 'n idee waarvoor mens dit gebruik nie) en 'n melkbekertjie (of dalk 'n souspotjie. Nou sien, volgens die website is ons sooibrand stel se maak - en ek haal aan - 'Manufacturer Status: Discontinued Circa: 1902 Pattern: GOLDEN COURT by MEAKIN, J  G (MEKGOC) Description: GOLD FLOWERS AND MEDALLION, RED RIM'. Ja, dis reg. Vanaf 1902 maak hulle nie meer die spesifieke patroon nie! Kan jy sien waarom ek 100% seker moet wees die goed is 'authentic'? Hoe moontlik om nog soveel goed te he van 'n stel wat sooooo oud is? Of is dit net ek wat gereeld eetstelle uitbreek?

Wel so stuur ek toe die boonste foto's saam die een

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
na 'n Antique website. Jy sal nie raai nie. Ek kan die dinner plates verkoop teen AUD55, die lunch plates teen AUD35 so gaan dit aan!
 
Nou is die vraag  . . . Wil ek die sooibrandstelletjie verkoop, of wil ek dit hou, daarmee spog en vir my gaste gee om uit te eet? 

Monday, 1 February 2010

1ste skooldag in Oz

En so breek die 1ste skooldag in Oz aan...wat 'n tranedal (ma en pa natuurlik)!
Die meiseis is half 8 wakker gemaak en die een was so effe stadiger as die ander . . .



























Aan ontbyttafel het dinge vinniger gegaan.  Ons het selfs 'n glimlag of twee gesien!

Die laasgte goedjies is in die tasse gepak,
















en ons daag by die skool op.
Op die noot wil ek net ietsie se: in Australia is dit baie na aan 'n kriminele oortreding om foto's van kinders onder 18 jaar te neem sonder toestemming van hulle ouers. Dus, die volgende paar foto's is onder die dekmantel van LQ die paparazzi geneem. Vir my eie veiligheid weerhou ek my naam.

Hierdie is 'n vooraansig van Caroline Springs College - Brookside Campus
















Speel apparaat waarop Kayleigh hulle tydens 'recess' speel















Hierdie is die twee taal laboratoriums. Links met die blou is Indonesian en regs met die groen is Spaanse.
Aan die einde van hierdie jaar skinder die twee engeltjies seker lekker voor ons in Spaans of Indonesies.















Hierdie foto is van hulle sportvelde. Dis nadat ek oor die pad gestap het terug huistoe. So ver soos die skool van my af is hier, so ver is dit omtrent huitoe. Ek gee al my dank aan die 'lollipop ladies' wat my so mooi oor die pad gehelp het.



Skool kom half 4 uit en die formele onderhoud begin: 'hoe was jou dag Kayleigh?'
"Ek voel so bevry! My kop draai en my lyf wil swaai!"

"Die kind het haar kop verloor mamma. My dag was heerlik! My maatjie se naam is Suzuka. Is dit nie 'n 'bike' nie, mamma?"















Is die onderhoud klaar? Ons is so uitgeput!