Sunday, 24 January 2010

Australia Day 2010

Wat 'n lekker naweek!
Ons fier Dinsdag die 26ste Australia dag en die feesviering hier in die gemeenskap van Caroline Springs het al Vrydag begin met 'n Twilight Movie Show. Ek en die kids het 17:30 afgestap na die Lake en Hannah Montanna The Movie gekyk. 20:30 het ons teruggestap huis toe in perfekte daglig.

Saterdag middag 6uur het ons weer afgesit Lake toe, die keer saam Ellis ons sommer vasgeloop in My Little Pony!















Ons het 'n 'stroll' gevat straat af. Ja, kan jy glo hulle transformeer ons winkelsentrum se strate so vir net een enkele dag of moet ek eerder se vir 7ure?















Toe kom vermaak die Mutant Ninja Turtles ons en vertel ons meer van 'pollution' en wat ons kan doen om veral ons water skoon te hou.  Baie slim skilpadjies hierdie en kan hulle dans!

Daarna het die Penny Higgs dansskool ons meer gewys van hoe mense die lywe kan swaai. Sy het 'n paar danse gekorigrafeer met So You Think You Can Dance en oh boy oh boy, sy kan maar lyf gooi! Sy is die voor met die lang donker hare.

En kyk net julle, die mans in Oz is ook nie bang om bietjie lyf te gooi nie.


Toe besluit ons om so bietjie op die 'rides' te klim. Maggies, hulle slaan die goed op vir 7 ure, ons kan dit ook maar net sowel geniet!
















Die polisie was die heeldag sigbaar en die twee offisiere het 'n seuntjie - ek skat hom so 9 - wat alleen rondloop gevra waar sy ouers is. Die mannetjie wou hulle nie antwoord en hulle het hom aanhou vra en toe hy die pad vat is hulle agterna.















Dit was 'n redelike koue dag en ons besluit toe ons durf die 'Big Wheel' aan.



Brrrrrrrrrrr........


En 'n pragtige foto van die meer en verrigtinge van die hoogste punt af. Die foto is so 20:30 geneem.


En natuurlik moes daar weer 'n misverstand wees! Ek hoor die heeldag die seremoniemeester kondig af Shanana gaan later optree. Elke keer as die man se naam genoem word, skree die skare en die vrouens val flou. Wel, ek kon nie wag nie!! Ek het amper my gesin van die 'Big Wheel' af laat spring net om betyds te wees vir Shanana! Ek het even vir Ellis so opgewonde laat hy skoon harop loop en sing: 'Dududu du Dum, goodnight sweetheart' Onthou jy nog vir Shanana? Wel.............dis toe Shannon Noll, 2003 Idols wenner!

Die vernedering was te groot en nadat Zuniga klaar oor die mooie Shannon ge'drool' het is ons weer weg na die 'rides' om hulle vir die sirkus in te skryf.

Die aand is afgesluit met die mooiste vuurwerkvertoning wat ek in my lewe nog gesien het. Ek het dit op film probeer vasle, maar dis 100% 'n 'understatement' van hoe dit werklik gelyk het. Dit het op 'n stadium gevoel of ons in die middel van die hemel staan en die mooi liggies om jou neerreen.









As die Ozzies iets doen, doen hulle dit goed!
En vandag het ons die naweek afgesluit met die gebruiklike 'Church service' en 'n goeie 'shopping spree' daarna by DFO in die stad! Die sirkus het die twee teruggegee.

Ons wens julle almal kon die fees saam met ons meemaak!

Waarom fier die Ozzies Australia dag? Ek het die stukkie geskiedenis uit die argiewe gaan naslaan.

The tradition of noticing 26 January began early in the nineteenth century with Sydney almanacs referring to First Landing Day or Foundation Day. That was the day in 1788 Captain Arthur Phillip, commander of the First Fleet of eleven convict ships from Great Britain and the first governor of New South Wales, arrived at Sydney Cove. The raising of the Union Jack there symbolised British occupation of the eastern half of the continent claimed by Captain James Cook on 22 August in 1770.


Some immigrants who prospered in Sydney, especially those who had been convicts or the sons of convicts, began marking the colony's beginnings with an anniversary dinner - 'an emancipist festival' to celebrate their love of the land they lived in. Governor Lachlan Macquarie, the emancipists' friend, made the thirtieth anniversary of the day in 1818 a public holiday, thirty guns counting out the years of British civilization, a tradition Macquarie's successors continued.

In 1826 at the centre of the anniversary dinner, 'Australia' a new word for the continent, entered the list of toasts. The term, recommended in his Voyage to Terra Australis in 1814 by Matthew Flinders, the skilful circumnavigator of the continent in 1801-03, and proposed by Macquarie to a reluctant British government in 1817, was taken up in Australia, especially by emancipists. The most famous of them, William Charles Wentworth with a fellow barrister had established the colony's first uncensored newspaper, the Australian, in 1824.

Tuesday, 12 January 2010

Caroline Springs Graslande
















Dis vreeslik om te dink dat slegs 1% van die oorspronklike graslande wat in die 1800's in Victoria bestaan het vandag nog bestaan. 
Hulle praat hier van die 'native grasslands' en bewaar dit nou verwoed.  Dit is broodnodig vir die ekosisteem en bestaan uit eindelose spesies fauna en flora. 

Hier in Caroline Springs is een so grasland wat bewaar word.  Eintlik het die regering opdrag gegee dat die stuk grasland nie vernietig mag word met die bou van die gemeenskap nie.  Omdat hulle wil he die inwoners moet die graslande geniet het hulle 'n voetpad deur die land gebou waarop jy kan stap en kyk na die wallabies wat rondspring asook die slange wat onder deur seil.  Die metaal struktuur is so 1meter bo die grond en het 'n uitkykpunt wat 4meter hoog is.  Dis wonderlik om te dink hierdie grasland is in die middel van Caroline Springs, maar as jy daar is voel dit of jy erens in die bos is. 

Die staat moedig inwoners ook aan om die gras spesies wat jy hier kry in jou eie tuin te plant. Die gras is gehard en het nie baie water nodig nie. Dis ook pragtig kleurvol en ek kan dink dat dit 'n tuin net kan bevoordeel. 

Hier is 'n paar foto's, maar dis een van daai plekke waar 'n foto net nie die waarde van die natuur wys nie.





















Sunday, 3 January 2010

Voorspoedige 2010!


En daar hou ons toe ons 1ste nuwe jaar in Oz. En ook
nie enige nuwe jaar nie, nee, 'n multi cultural een en dit
by ons huis!
Hierdie 2 foto's wys ons gaste. Die man in pienk is Jacob,
'n direkteur, die blondekop is sy vrou, Osnat. Hulle is van
Israel en is Jode.
Die ou in swart hemp langs Jacob is Hagmat en die sy vrou
Shami sit oorkant hom. Hulle is van Bangladesh en verskaf
mans klere aan die mpy. Hulle is Hindi en baie gaaf.
Anderknant langs Jacob is Jon. Hy is ook 'n direkteur, is
Chinees en ek weet nie sy geloof nie. Hy is baie verstrooid
en verlief op amper elke vrou wat hy ontmoet.
Die ou wat braai is vriende van Jacob en ook Israeli. Sy vrou
is ongelukkig nie op 'n foto. Hierdie is no 2 interressante mense.
In Israel is ELKE persoon verplig om diensplig van 3 jaar te
voltooi. Indien jy versuim, gaan jy tronk toe. Selfs die vrouens
doen diensplig en sy vrou is 'n 'woman fighter'. Hulle haat die
Palestyne wat hulle land probeer oorneem. Israel is van N na S
so 720km lank en O na W so 150. Wat 'n klein landjie, maar
almal wil hom he.















Die kids speel met hul maatjie van Bangladesh. Dit was
maar moeilik aangesien sy nie 'n woord Eng praat of
verstaan nie.
















Jon het al die groente China styl gemaak en was hier uitgeput
met glas wyn in hand en al. Hy het ongelukkgi nie die nuwejaar
wakker ingegaan nie.

Aan al ons vriende terug in SA, 'n voorspoedige, geseende 2010!
Liefde
Die 4 van ons