Saturday, 7 August 2010

7 August 2010

Vandag se inskrywing het nie 'n opskrif nie.
Dis sommer net op 'n 'feelgood' ingewing van die oomblik dat ek skryf.

Na 'n rowwe week wat begin het met 'n halfuur in die hoof se kantoor, 'n baie belangrike onderhoud, onverwagse verwikkelinge by die werk,  belangrike swemklas vir die kids, 'n aand van trane van verlange na die oumas en oupas, 'n heerlike ete by vriende en 'n redelike groot besluit, het die week ook uiteindelik tot 'n einde gekom en ons gaan dit fier met 'n heerlike uitstappie na Max Brenner Chodolateur.

3 Verse uit die Woord het 'n oorwegende negatiewe week in 'n positiewe naweek laat verander. Ja ek weet ander mense het net 1 versie nodig, maar ek is seker so af en toe lees jy ook maar die Bybel en sien nie raak wat die Here vir jou probeer sê nie. Ek is bly Hy gee nooit op nie en dat ek na die 3de dag se lees ge-'click' het.

Your attitude should be the same as that of Christ Jesus - Philippians 2:5

I have been crucified with Christ and I no longer live, but Christ lives in me - Galatians 2:20

May I never boast except in the cross of our Lord Jesus Christ, through which the world has been crucified to me and I to the world - Galatians 6:14

Hier is so paar interressante feite oor Australia se geografie:


•Australia het die wêreld se grootste beesplaas (ranch). Met 30,028 km2 is dit amper so groot soos Belgium.


•Populasie digtheid word gewoonlik bereken  in km2 per persoon, nie mense per km2.


•Ozzies het 380,000 m2 per persoon beskikbaar. Maar 90% woon in die 'coastal cities'. (Don't ask me why, I sure prefer it in the Outback.)


•Ozzies van Queensland word "banana benders", en mense van Western Australia "sandgropers" genoem.


•Tasmania het die skoonste lug in die wêreld.


•Die Great Barrier Reef het 'n posbus. Jy kan met 'n ferry uitry soontoe en 'n poskaart stuur met die enigste Great Barrier Reef seël.

•The Australian Alps, of Snowy Mountains soos dit ook bekend is, kry meer sneeu Switzerland.



•Na Athene het Melbourne die 2de grootste Griekse Populasie in die wêreld.

No comments: