Sunday, 13 June 2010

Mt Macedon


Macedon is 'n pragtige dorpie in die Macedon Berge en het 'n populasie van 1 694 mense. Die huise word beskryf as 'extravagant large' - iets waarmee ek saamstem en die dorp is veral bekend vir sy tuine wat dateer uit die 1900's.
Hierdie is bv 'n tuin aan die voorkant van een van die kleiner cottages.
Ons 'trippie' het vanoogend begin by Gisborne. Ek wou hê Ellis en die kids moes dit sien aangesien dit so groot impak op my gemaak het.
Town Centre
'n Parkie wat die kinders natuurlik behoorlik benut het. 
Van daar af is ons dieper die woude en berg in tot by Woodsend.
'n Bergdorpie wat maar meer en deels uit plase bestaan.
Die Town Centre en onder 'n plaas.
Van daar af is ons na die baie interressante Hanging Rock.
Hanging Rock is 'n geologiese formasie wat ontstaan het uit 'n aktiewe vulkaniese berg. Wat die rotsformasie so uniek maak is dat die lawa nie afgeloop het nie, maar uitgedruk het boontoe en 'n prop gevorm het. Dit word genoem 'n mamelon en bestaan uit ongewoon dik, stywerige lawa vat koud word en stol die oomblik as dit uit die aardkors gepers is. 

Hier is ons al halfpad op teen die berg en daar sien jy die dele van die magma. Winderosie en reen het die rotse oor jare vervorm tot dit lyk soos nou.
 
 
  
Die volgende paar foto's is waar ons heel bo op die berg in die middel van die krater is.
Die trippie af was natuurlik makliker as die een op.
Op die berg is daar 'n Perde Wedrenbaan, kan jy glo? Daar is baie perde plase in die omgewing en 16-18 Julie hou hulle die groot wedrenne.
En daar verras 'n trop kangaroo's ons. Hulle het op die baan kom eet en ongelukkig kan die kamera nie so ver inzoom nie, maar hier is die poging.

Omdat Mt Macedon se dorpe baie lyk soos die Brittanje van 100 jaar gelede, word baie flieks wat in Engelandse platteland afspeel daar verfilm.

No comments: