Monday, 7 June 2010

I'll shout you for lunch

So word ek mos nou die dag deur 'n vriendin 'ge-shout for lunch'. Nee nee, ons het nie heeltyd op mekaar sit en skreeu nie, alhoewel ek nogal gewonder het na watter raserige plek sy my wil vat dat ons heeltyd op makaar gaan 'shout'.
Blykbaar is dit hoe jy iemand nooi om saam jou te gaan eet en jy betaal die ete. 'I wanna shout you for lunch!' Klink lekker op die oor nê?

Ek het die twee engeltjies by die skool gaan aflaai op 'n pragtig sonskyn oggend, Gloria by haar huis gaan oplaai en afgesit Gisborne toe. 'n Pragtige dorpie in die Macedon Bergreeks so 25 km buite Caroline Springs. 

Daar is 40 'cold climate wineries' in die Macedon Reeks en een van hulle se naam is Malmsbury! Die mense van Malmsbury brrei blykbaarrr nie soos die Kaapse Malmesburry mense nie, maar die weer is identies. Sonder waarskuwing het ons pragtige sonskyndag verander in 'n grys reëndag. Ons gemoedere was egter nie beinvloed nie en ek het elke druppel van die dorpie ingedrink.

Gisborne het ontstaan in die 1850 'Gold Rush' en het gou bekend geraak vir sy Inn's, Koffie Tente en enige ander winkel wat aan die skatsoekers se behoeftes sou voorsien.

Hoofstraat














Treinstasie - met die V-line is jy binne 45minute in
die middestad by Flinders Stasie

Die Crimson Rosella is blykbaar volop in die woude.
En so ook die klein karnallies
Na 'n heerlike en lang oggend het ons die pragtige dorpie verlaat en besluit om ter nagedagtenis aan die 'Gold Diggers' by 'n regtige egtige Inn te gaan eet, nl die Gamekeepers Secret.


Die kos was heerlik en natuurlik word daar vir die man se maag gekook, so die kos was hopeloos te veel.

'So, when can I shout you for lunch in Gisborne?'

No comments: