Saturday, 20 February 2010

Emmigration Wifes

Wat ‘n week!!

Dit het stadig begin. Ons het Sondag ‘n kinder partytjie gehad en gesels oor hoe vervelig dit by die huis is en dat ‘n casual job nou ideal sal wees.

So se een van die mans dat hy vir ‘n mpy werk wat besig is om ‘n Call Centre op die been te bring en hulle stel mense net op casual basis aan. Omdat ek ‘n ma is sal ek ook dus kan kies om se maar van

10 – 2 in die dag te werk. Baie opgewonde mail ek Maandag my CV aan hom. Dinsdag kom die oproep van HR. Dankie vir die CV, maar hulle het ander pos vir my ingedagte. Wil ek nie PA wees vir die Cards Manager (basies die hoof indoena) nie? Fantastiese salaries, goeie mpy voordele, die hele toetie! Enigste negatief – werk van 9 – 5 en aangesien dit ‘n hoe profile pos is, kan hulle verwag om oortyd en naweke ook te werk, maar oortyd geld is altyd dubbel salaris. Ek is nogsteeds baie opgewonde en bel Ellis met die nuus. Dit was maar stillerig aan die anderkant van die lyn, maar ek is te opgewonde om my daaraan te steur. Gaan haal kids by die skool en Z gee my die ongelooflike nuus dat sy 2de gekom het in borsslag. Kom by die huis en die eiendomsagent bel my om te se die huis wat ons huur is verkoop, maar moenie worry, dis ‘n investor en julle kan ‘n verdere 3jaar huurkontrak teken. My dag kan net nie beter nie!

Ek vertel die kids van die werk en die wonderlike vooruitsig dat ek nou vir hulle alles sal kan koop wat hulle klein hartjies begeer! Intense stilte heers in die huis vir die vlg uur of wat.

Zuniga gee my al die negatiewe dinge van ‘n werkende ma en Kayleigh beaam alles.

Woensdag oggend groet Ellis met ‘n ‘onthou, jy hoef regtig nie te gaan werk nie’ en oppad skool toe kry ek weer die speech oor die voordele van ‘n ma by die huis. Zuniga kan regtig public speaker word. Terug by die huis bel ek die HR en se baie dankie, maar ek is nou eerste ma en gade. Kan ongelukkig nie ‘n pos aanvaar wat gaan veroorsaak dat ek smiddae en vakansies my kids vir hulle eie genade moet oorlos nie. Lank na hy die foon neergesit het luister ek nog na die piep-piep syn. Dalk, net dalk praat hy weer en se ok, you make the hours. Eindelik sit ek die foon neer. Die foon lui – ek antwoord baie opgewek, want sien, dis dalk HR. . . dis die agent wat laat weet die koop is gekansselleer en die huis is weer in die mark! My dag kan nie slegter nie!

Donderdag kom Zuniga by die huis met die wonderlike nuus dat sy skole span gehaal het en vlg Woensdag swem sy vir haar skool teen al die ander skole in Melton Shire. Weereens is ek trots en net daar besluit ek om trots in my trotse kind se mooi blou gelukkige ogies te kyk is baie meer beloning as $5 000 in die bank elke maand.

Vandag het ek saam 2 vriendinne koffie gedrink en heerlike tuisgebakte dadelbrood ge-eet en vir 3 ure van die steam mop vergeet. Ons het weer gepraat oor huisvrou wees, maar die keer het ons al drie heelhartig saamgestem, huisvrou wees is after all nie so sleg nie.

Dus, vandag salute ek jou met besem in die hand, stoflap oor die skouer en ek se Viva, huisvrouens van Melbourne, VIVA, ons is hier om te bly!

No comments: