Sunday, 3 January 2010

Voorspoedige 2010!


En daar hou ons toe ons 1ste nuwe jaar in Oz. En ook
nie enige nuwe jaar nie, nee, 'n multi cultural een en dit
by ons huis!
Hierdie 2 foto's wys ons gaste. Die man in pienk is Jacob,
'n direkteur, die blondekop is sy vrou, Osnat. Hulle is van
Israel en is Jode.
Die ou in swart hemp langs Jacob is Hagmat en die sy vrou
Shami sit oorkant hom. Hulle is van Bangladesh en verskaf
mans klere aan die mpy. Hulle is Hindi en baie gaaf.
Anderknant langs Jacob is Jon. Hy is ook 'n direkteur, is
Chinees en ek weet nie sy geloof nie. Hy is baie verstrooid
en verlief op amper elke vrou wat hy ontmoet.
Die ou wat braai is vriende van Jacob en ook Israeli. Sy vrou
is ongelukkig nie op 'n foto. Hierdie is no 2 interressante mense.
In Israel is ELKE persoon verplig om diensplig van 3 jaar te
voltooi. Indien jy versuim, gaan jy tronk toe. Selfs die vrouens
doen diensplig en sy vrou is 'n 'woman fighter'. Hulle haat die
Palestyne wat hulle land probeer oorneem. Israel is van N na S
so 720km lank en O na W so 150. Wat 'n klein landjie, maar
almal wil hom he.















Die kids speel met hul maatjie van Bangladesh. Dit was
maar moeilik aangesien sy nie 'n woord Eng praat of
verstaan nie.
















Jon het al die groente China styl gemaak en was hier uitgeput
met glas wyn in hand en al. Hy het ongelukkgi nie die nuwejaar
wakker ingegaan nie.

Aan al ons vriende terug in SA, 'n voorspoedige, geseende 2010!
Liefde
Die 4 van ons

No comments: