Tuesday, 12 January 2010

Caroline Springs Graslande
















Dis vreeslik om te dink dat slegs 1% van die oorspronklike graslande wat in die 1800's in Victoria bestaan het vandag nog bestaan. 
Hulle praat hier van die 'native grasslands' en bewaar dit nou verwoed.  Dit is broodnodig vir die ekosisteem en bestaan uit eindelose spesies fauna en flora. 

Hier in Caroline Springs is een so grasland wat bewaar word.  Eintlik het die regering opdrag gegee dat die stuk grasland nie vernietig mag word met die bou van die gemeenskap nie.  Omdat hulle wil he die inwoners moet die graslande geniet het hulle 'n voetpad deur die land gebou waarop jy kan stap en kyk na die wallabies wat rondspring asook die slange wat onder deur seil.  Die metaal struktuur is so 1meter bo die grond en het 'n uitkykpunt wat 4meter hoog is.  Dis wonderlik om te dink hierdie grasland is in die middel van Caroline Springs, maar as jy daar is voel dit of jy erens in die bos is. 

Die staat moedig inwoners ook aan om die gras spesies wat jy hier kry in jou eie tuin te plant. Die gras is gehard en het nie baie water nodig nie. Dis ook pragtig kleurvol en ek kan dink dat dit 'n tuin net kan bevoordeel. 

Hier is 'n paar foto's, maar dis een van daai plekke waar 'n foto net nie die waarde van die natuur wys nie.





















No comments: