Tuesday, 14 December 2010

Christus, Kris Kringle en die Kersboom

Nog nooit kon ek die rede, die nut en die doel agter 'n Kersboom insien nie. Vir my het dit absoluut niks met die geboortefees van Jesus te doen nie.  Verlede jaar het ons Kersfees gehad sonder die boom, sonder die versierings, met vriende en met Jesus in gedagte met die uitruil van geskenke.

Hierdie jaar het my gesin my egter aangevat oor die Kersversiering lose huis.

Nou ja, tyd vir bietjie navorsing.

Ons almal ken die geskiedenis van Jesus se geboorte en die enigste rede waarom Christene Kersfees behoort te hou. Die maagd Maria was swanger met Jesus nadat 'n engel haar besoek het en vertel het sy is die gekose een wat die Verlosser in die lewe sou bring. 'n Paar maande later sit 'n hoogswanger Maria en Josef af na Bethlehem op bevel van Ceaser Augustus vir 'n sensus peiling. Maria gee geboorte aan Christus. Die wyse manne volg die ster en bring eer aan Jesus met Goud, wierook en mirre. Dis waarom ons op Kersdag aan mekaar geskenke gee. Simbolies aan Jesus se geboorte geskenke.

Hierdie jaar gebeur daar toe 'n snaakse ding. Die kinders kom huistoe met die opdrag dat hulle in klasverband name getrek het en elkeen moet vir die gekose maatjie 'n geskenkie koop vanaf Kris Kringle.  Wanneer jy die naam gaan Google, sal jy op websites afkom wat sê: Kris Kringle, the history of Christmas.

Wie is Kris Kringle? Hy is maar net 'n 'engeltjie' weergawe van Kersvader. Hy is 'n kind met 'n goue kroon en 'n klein kersboom liggie in die hand. Die Hollanders het hom uitgedink en sy naam was eintlik Christkind wat Christus se geskenke bring. Die Amerikaners het gesukkel om Christkind uit te spreek en met die jare het dit sommer verander in Kris Kringle.

Kersvader is ook maar net 'n Amerikaanse weergawe van die monnik, St. Nicholas. Hy is die seun van skatryk Turke wat so 280 AC geleef het. Elke jaar rondom Kersfees het hy sy geld gevat en geskenke vir arm kinders gekoop. Hy het dan van dorp tot dorp getrek om die geskenke en kos uit te deel. Hy was die voorbeeld van onselfsugtigheid. Aangesien monnike deel is van die Rooms Katolieke kerk kan ek seker maar aflei dat  St. Nicholas 'n Christen was? Sy bedoeling was goed en dis nie sy skuld dat die wêreld hom mismaak het tot 'n vet ou man met lang wit baard nie.

Die Kersboom...nou ja. Met groot gesug het ek ingestem om 'n boom te koop. So bietjie opgelees oor waarom die Kersboom nou juis belangrik is vir Christene se kersfees. Daar is baie verduidelikings wat nie een te doen het met Christus nie. Ek het egter op 'n paar stories afgekom waar die immergroen boom sinspeel op ewige lewe.

Dus, Kersfees 2010 het vir my 'n Christusfees geword vol simboliek.

Welkom by ons Kersfees huis

Kersvader / Kris Kringle is 'n simbool van die 3 wysemanne wat Jesus se geskenke gebring het.



Die Kersboom is simbool van die Ewige Lewe wat aan ons belowe is wanneer ons Jesus Christus as ons enigste verlosser en saligmaker aanvaar




































Ek gaan my koes hou
hierdie Kersfees:
horende doof vir "Stille nag"
in supermarkte,
siende blind vir wattesneeu
teen vensterrame.
die sluipende ou heer met sy rooi mantel
en wit baard gaan ek vermy.

Ek gaan na ons nagtelike somerhemel kyk
en my voorstel hoe het die ster
bokant die stal gelyk.
Ek gaan my ore toestop
vir die geklingel van sleeklokkies
om te kan luister hoe die engele sing.

Ek wil my vasklem aan die krip
omdat ek so kan vasgryp aan die kruis:
koningshulde - wierook, mirre, goud -
uiteindelike geselslae, doringkroon, vloekhout.

(Uit: Die skaduwee van die son, deur Lina Spies)

Sunday, 12 December 2010

Kayleigh 10de verjaarsdag partytje

Sweets and treats and lots of fun. Let’s celebrate as Kayleigh turns Ten!

Cupcakes gemaak deur Mamma, Zuniga en Kayleigh



 Kayleigh het haar 7 beste maats genooi.

 Kayleigh en Paris
 Kayleigh en Olivia
 Kayleigh en Alana
 Kayleigh en Sonia
 Kayleigh en Nicolas
 Kayleigh en Jirelle
 Kayleigh en Desiree
 Tyd om kerse uit te blaas
 Die verjaarsdag kinders en hulle gaste doen die Magarena
We're wishing you another year
Of laughter, joy and fun,
Surprises, love and happiness,
And when your birthday’s done,


We hope you feel deep in your heart,
As your birthdays come and go,
How very much you mean to us,
More than you can know.

Monday, 29 November 2010

Altona Strand

As mens skaam is om te vra sal jy nooit weet dat die beste strand 16km van jou voorstoep af is nie.
So gebeur dit na amper 'n jaar dat ek een oggend vir iemand vra waar 'n lekker swemstrand is. Groot is die skok toe ek hoor!



Voor die Europeers in Altona aangekom het was dit die tuiste van die Aboriginal groep, Woiwurrung. Die stam het uit sowat 40 Aborigines bestaan.

Altona is in 1842 deur die Europeers beset en die naam is gesteel vanaf die dorpie Altona in Hamburg.


Op 24 Junie 2010 trek Julia Gillard na Altona. Sy is September ingelyf as die 27ste Prime Minister van Australia.

Daar was 'n ope dag waar jy jou hond teen 'n fraksie van die prys kon registreer en 'n 'micro chip' insit.
Hierdie groep polisiemanne het daar opgetree. Die manne kan omtrent sing!! Hier is die kinders besig om 'n dansie uit te voer. Baie goeie ligte vermaak.

Wednesday, 10 November 2010

1 Jaar

Die visa is 1 jaar oud en daarmee saam is ons amper 'n jaar lank in die vreemde.
'n Vreemde wat al amper bekend begin word. Die mense bly maar vreemd, maar die natuur, Townships en diere is al 'n gerusstellende bekendheid.


Ons word begroet met 'How you're doing?' en gegroet met 'n 'see you later'.

Ons 'shout' mekaar vir etes in restaurante en aandete word 'tea' genoem.
Ons 'text' ipv 'sms' en 'get money out' ipv 'withdraw'.

Ons koop Pronutro en Aromat ten duurste by die Deli in die 'mall' vir daai tikkie SA troos, maar geniet die 'cereal and spices' van Aldi's net so baie.
Ons mis Jellytots en Bar One, maar eet ons oor 'n mik aan TimTam en liquorice.

Hierdie is nie 'n idilliese land sonder probleme nie. Gelukkig werk die regering, gereg en gemeenskap saam om die land en omstandighede te verander en verbeter.


Zuniga begin volgende jaar met Junior High en is erg gespanne oor die skielike groot word. Sy het ontpop in 'n dametjie wat net-net korter as ek is. Haar sin vir humor laat ons lekker lag in tye wanneer die verlange te veel raak en haar ongelooflike liefde vir haar gesin is duidelik sigbaar.

Kayleigh is 'n regte Ozzie wat klaar sukkel om in Afr te dink. Soms verstaan sy nie dadelik nie en moet ons in Eng herhaal. Dan word ons sommer gou gou reggehelp met die uitspraak of 'regte' woord. Sy beskou ons ook soms as 'very anoying'. Sy is mal daaroor om kos te maak.

Vandat ek so 2 maande terug begin werk het stap die tweetjies elke middag huis toe. Elke dag gaan hulle by ons 'local mall' in vir 'n koeldrank, lolly of sommer net die toilet.  Ek maak natuurlik van my kans gebruik om hulle poskantoor of News Agency toe te stuur.  Hulle verbaas my met hulle gemaklike omgang met die lewe en raak heeltemal te 'streetwise'.



Na 'n jaar se afsloof by die Jood lyk dinge positief dat Ellis by 'n Australiaanse maatskappy gaan begin werk rondom Desember. Ons kyk daarna om in 'n kusdorpie te bly wat wonderlik sal wees, want al wat ons vir die kinders hoef te koop is bikini's en kortbroeke!

Ek is elke dag dankbaar vir die geleentheid wat ons gekry het om ons vlerke te sprei. Die Here is goed vir ons en ek dank Hom elke dag. Ons is tans op 'n avontuur wat nog lank nie verby is nie....

Oh, my friend, it's not what they take away from you that counts.  It's what you do with what you have left.  ~Hubert Humphrey

Friday, 8 October 2010

Verjaarsdae en heimwee

Our birthdays are feathers in the broad wing of time.
- Jean Paul Richter

 
Let us celebrate the occasion with wine and sweet words.
- Plautus

 No wise man ever wished to be younger.
- Jonathan Swift

Inside every older person is a younger person -
wondering what the hell happened.
- Cora Harvey Armstrong


Baie dankie aan almal van ver se boodskappe, julle maak my dag!
Dankie Ellis, Joe en kids vir 'n heerlike dag...dankie vir my spesiale geskenke! 

Thursday, 30 September 2010

Die 40's en Sydney

 ... en daar slaat Ellis toe ook die 40's.
Of is dit die 40's wat hom geslaat het?
Met lagplooitjies om die oë en 'executive grey' langs die slape?
Jy het die boep en grillerige borshare vrygespring...en hopenlik die man-o-pause ook.

Hierdie is ook 'n verjaarsdag wat jy nooit ooit sal vergeet nie en nie net omdat dit 'n groot ene is nie, ne?
Ja nee, getrou aan Van Rooyen tradisie kon die dag mos nie net normaal verloop soos ons hom beplan het nie. Die beplanning jy sien, was om 4uur op te staan, vir pappa sy persente te gee, aan te trek, te eet en 5uur saam Warren lughawe toe te ry. Op die vliegtuig te klim en 'n heerlike langnaweek in Sydney by die Diques deur te bring....

Maar toe! Alles verloop volgens plan tot ons op Tullemarine lughawe beland. Warren doen sommer so 'double parking' op 'n taxi zone want ons gaan mos net tasse gryp en hol.  Met die Afrika bloed wat nog warm deur ons are vloei sluit ons die deure soos ons uitklim, Warren stap 'boot' toe en 'oh bugger' is die 1ste woorde wat vir my sê hierdie dag gaan nie volgens plan verloop nie. Die damn sleutel is in die kar en alhoewel die bestuurders kant se deur nie gesluit is nie, kan die ding nie van buite af oop maak nie!! HOOR jy die histerie in my stem?

Soos 'n mal ding hardloop ek na die koffie en pastytjie stalletjie ' Do you have a knife with a very long blade?' Waarom ek vir 'n bleddie mes moes vra en nie 'n spatula nie is iets wat ek tot vandag nie weet nie. Met groot oë en handgebare aan die sekuriteitswag skud die girltjie net haar kop. Ek verduidelik nie eens verder nie. Hardloop net terug kar toe. Die deur is nogsteeds gesluit.

Ellis se beurt. Hy hardloop in die donker oggend ure rond en vra almal wat dalk kan help. Niemand. Ons begin gespanne raak dat Warren 'n boete gaan kry. Ek besluit ek vlieg vandag sonder klere, maar Sydney toe sal ek gaan!  Gaan trek geld vir ingeval ons 'n locksmith moet kry laat hoor Ellis van hom. Ek trek die geld en besluit om sommer tot voor in die ry te stap waar die mense inboek en hoop net nêrens is daar wagte met daai guns wat 'n koper draad uitskiet en jou skok nie. 'I need something long, flat and hard' - tot vandag nog nie 'n antwoord uit die girl gekry nie. Daar agter is 'n kantoortjie en ek hardloop soontoe want ons vlug word al geroep! Na lang gesukkel en verduidelik kry ek 'n draadhanger in die hande. Oorhandig die ding aan Ellis want ek het hom mos 'n maand terug toevallig intensief les gegee in hoe om by 'n Hyundai in te breek sonder om skade te maak. Maar nee, die man kry nie regte plek nie. Hierdie is 'n ander model as myne sien. Ek vat die hanger van hom af en na probeerslag 3 sê Zuniga, die knoppie beweeg! Nog een keer en daar! Die knoppie spring oop. Ek was nog nooit in my lewe so bly ek kan by karre inbreek nie!!

Op die nippertjie stap ons met ons bagasie die lughawe in. Son het al uitgekom en almal is dood van die honger, maar daar is nie nou tyd vir eet nie.

 In beter luim, want ons is in Sydney met al die bagasie.
 Sydney Harbour Bridge vanuit die kar
Die 4 Drama Queens is weereens uiteindelik bymekaar!
 Ellis en Joe vat die kids partjie toe terwyl Andrea en ek die maaltyd voorberei.

 Champers op die Birthday Boy!





Blaas die singende kersie uit. Die longe is darem nog sterk.
 Ai, ek is darem lief vir jou my ou man!
 Vrydag vat Joe ons bietjie op 'sight seeing' Hier is ons by Manly Beach
 
 Hierdie is vir my te wonderlik. Jy kan jou waterbottel weer volmaak met heerlike yskoue, gratis gefiltreerde water of sommer net jou hand bakmaak en drink.
 Ek dink die oom het so in die swem gesterf en versteen :)




 Hierdie is Palm Beach en jy kan sommer sien die ouens wat hier bly is skatryk.

Vrydag aand gaan verf ons die stad rooi. Julle moet erken hy lyk nie 'n dag ouer as 35 nie.
 Sydney Harbour Bridge met al sy liggies.
 Opera House.
 Hierdie is 'n ou tronk wat omskep is in 'n restaurant. Jy kan of in die selle eet of deurstap en in die binnehof onder maanlig sit. Let op die 'Display Cabinets wat onbeman dwarsdeur die dag en nag vol goed daar staan.
Ellis, die Here is ons gesin se rots, maar jy is 'n baie belangrike pilaar.
Dankie dat jy daar is om my te verstaan en te ondersteun. Sonder verwyte en teregwysings luister jy altyd as ek of die kids afpak. Jy gee raad wanneer ons raad vra, maar dwing dit nie op ons af nie. Jy weet wanneer om net niks te sê nie en maar net te luister.
Jy is die een wat verjaardae en belangrike datums onthou as ek dit vergeet.
Jy werk harder as enige iemand wat ek ken en jy kon lankal opgegee het, maar jy hou aan vir jou gesin.
Jou sin vir humor en onvoorwaardelike liefde vir my en die kinders is meer werd as enige iets wat ons al ooit besit het.
Ons is baie lief vir jou!
Lien, Zuniga en Kayleigh