Friday, 25 September 2009

Sasolburg

Kom ek vertel julle bietjie meer van Sasolburg (Beeld, 22/09/2009). Die verhaal moet begin by Admiraal Botha en sy vrou.
Sy was 'n suurknol, die admiraal se vrou.

Sasolburgers , wat voor 1954 in Vanderbijlpark of Vereeniging wou wees, moes die stuurse, nors vrou trotseer om met ene admiraal Botha se Baddrif-pont oor die Vaalrivier te kom.

Die pont is deur 'n arbeider en muile heen en weer oor die Vaalrivier getrek omdat die ompad na die res van die Vaaldriehoek lank en tydrowend was.

Die admiraal se eggenote was glo 'n befoeterde, sterk vrou wat geen pratery op die pont geduld het nie.

Net 'n sekere aantal mense is op die pont toegelaat, terwyl ander summier weggewys is.

Na die ontdekking van steenkool en nadat die Clydesdale steenkoolmyn in 1905 begin produseer het, het al hoe meer mense wat 'n bestaan wou maak op die eers barre gebied hierheen gestroom.

Die pont het weeksdae van sonop tot sononder gewerk, maar Vrydae en Saterdae is die pont eers deur die muile en later deur 'n petrolmotor tot laataand oor die rivier getrek.

Stadige vryers, wat hul meisies fliek toe gevat het in Vereeniging moes dikwels met rooi gesigte aan woedende vaders verduidelik hoekom hulle die laaste vaart om 23:00 verpas het.

Voordat die hospitaal in Sasolburg gebou is, het menige pa's die geboorte van hul kinders misgeloop omdat die pont stilgestaan het en hulle met die ompad na Vereeniging moes jaag.

'n Hospitaal besoek was 'n dag lange uitstappie.

Sasolburg is in 1954 in die Noord-Vrystaat gestig met die oprigting van Sasol1 en ander chemiese nywerhede.

Sasolburg het oorspronklik in die Parys-landdrosdistrik geval en is op destydse plase soos Grootfontein gelee.

Die pont is in die stigtingsjaar van Sasolburg deur die Bailey-brug wat deur die weermag gebou is vervang.

Motoriste is toegelaat om baie stadig oor die tydelike brug te ry, maar passasiers moes stap.

Deesdae verbind die Baddrifbrug en die R57-brug Sasolburg oor die Vaalrivier met die res van die Vaaldriehoek.

Dit is die dorp met die meeste eikebome - 26 spesies - en ook ander inheemse en uitheemse bome.



Interessante feite:

  • Die dorp is 12km suid van Vanderbijlpark aan die Vrystaat kant van die Vaalrivier gelee.
  • Die 1 500m bo seespieel
  • Gemiddelde reenvalsyfer is 638mm per jaar
  • Gemiddelde maks temp is 27grade C en gemiddelde min temp is 1.6grade C
  • Ons het sovat 34 000 inwonders en Zamdela sowat 90 000.
  • Die Vaal-Universiteit vir Tegnologie (my en Ellis se alma mater) en die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes Universiteit is in Vanderbijlpark gelee

En dit dames en here is, Sasolburg.

Tuesday, 8 September 2009

Handyman

Al gewonder wat Ellis doen in al sy spaartyd?
Wanneer hy nie grassny, verf of rakke opsit nie, restoureer hy so bietjie.
Hierdie menger was sy ouma grootjie s'n. Die bakke en sekere van die 'utensils' is nog van porselein.

Hier is die 'Before' . . .



























 



En die 'After' . . .













 
 

Dorp vs Stad

Baie mense vra my hoe dit is om na 16 jaar weer op ‘n dorp te woon en ek kan met alle eerlikheid sê: ‘lekker’.

Ek kan dit beslis aanbeveel. Ons het al in die verlede deur plattelandse dorpies gery en dan vra ek en Ellis vir mekaar, ‘waar is die witmense?’. Wel Sasolburg is nie ‘n plattelandse dorpie nie. Ek is nie seker hoeveel mense hier woon nie, maar dis groot genoeg om nie as platteland geklassifiseer te word nie en klein genoeg dat jy baie mense ken. Meeste mans werk maar by Sasol of Natref en so ken almal vir almal.

Die skool is baie meer ‘relax’ as in die stad en daar is glad nie so baie druk op die kinders nie. ‘n Volle dag word uitgesit vir entrepeneursdag elke kwartaal. Die kids gaan met gewone klere skooltoe en entrepreneurs begin al 9 uur werk. Hulle verkoop nie net selfgemaakte goedjies nie, maar doen make-up, maak hare mooi, ens.

Ons het die 1ste koekverkoping skoon gemis. Ek het nie geweet die kids moet kaartjies koop en dan die stukkie koek gaan opeis nie!
Die lewenskoste is die helfte goedkoper as in die stad. Petrol is uit die aard van die saak nie goedkoper nie, maar waarheen ry mens nou eintlik? Behuising is so 10% goedkoper en skole 30% goedkoper. Verder is hier nie dieselfde kaliber shopping malls as in die stad nie, dus kan jy nie in jou ledige tyd in coffee shops of winkels rondlê nie.
O ja, jy kan vir R55 per maand gym.

Wat is negatief? Wel, selfoonopvangs is ‘n nagmerrie. Wireless internet werk nie so effektief nie. En die ergste van alles - Ons vriende sit almal in die stad!

Hier is ‘n paar foto’s van die kids se boeresport! Dit het die vlg ingesluit: sakresies, toutrek, stoktrek, hardloop met aartappel, jellytot spoeg en nog vele meer. Die dag is afgesluit waar die juffrouens teen die menere tou getrek het. Die juffrouens het gewen 2 uit 3.





































Kayleigh en haar maatjie spoeg jellytot.