Wednesday, 22 July 2009

Net vir 'fun'


Lucas ou swaer, hierdie inskrywing spesiaalvir jou. Net omdat jy so mooi gevra het.

Ek gaan nie vertel hoe dit met ons gaan of waar ons nou al trek met die visa nie. Dit is te ‘boring’ en ‘depressing’. Ek gaan eerder meer vertel van my gunsteling skrywer, John Grisham. Ek het mos gese die blog is vir my nasate en dalk het ek eendag Altzheimers en dan kan ek net hierdie stukkie lees om te onthou!

John Grisham is ‘n uitmuntende skywer. Hy is ‘n prokureur van beroep en sy boeke draai uit die aard van die saak om hofsake, of goed wat aanleiding gegee het tot ‘n hofsaak, maw hy is ‘n ‘crime writer’ en skrywer van 'legal suspense'. Sy heel eerste boek is gebaseer op een van sy hofsake wat hom vreeslik aangeraak het en sy terapeut het hom aangeraai om al sy gevoelens op papier te sit. Hy was so mal oor die skryf dat hy nie net sy gevoelens neergeskryf het nie, maar ook die gebeure vooraf en die hofsaak. Die boek se naam is A Time To Kill en ek sal aanraai jy lees die boek eerste omdat dit sy 1ste boek is, maar ook om hom te leer ken. Omtrent al sy boeke speel af in die Ford County dorpie.

Die boek handel oor ‘n swart dogtertjie wat deur 2 sadistiese dronk mans ontvoer is en baie wreedaardig verkrag en verwurg is en vir dood agtergelaat is. Ongelukkig vir hulle het sy oorleef om die verhaal te vertel. Net na die mans uitgeken is het haar pa gereg in eie hande geneem en sommer in die hofsaal die mans koelbloedig doodgeskiet. Nou ja, Mississippi is erg rassisties en die KKK (Klux Klux Klan) regeer. Dit klink dalk of ek die crux van die storie weggegee het, maar heelaas.
Dan het hy ook al ligter boeke geskryf, nl Playing for Pizza, A Painted House, The Bleachers en Skipping Christmas.


Hier is 'n volledige lys van sy boeke en ek kan almal aanbeveel:

1989 - A Time to Kill
1991 - The Firm
1992 - The Pelican Brief
1993 - The Client
1994 - The Chamber
1995 - The Rainmaker
1996 - The Runaway Jury
1997 - The Partner
1998 - The Street Lawyer
1999 - The Testament
2000 - The Brethren
2001 - A Painted House
2001 - Skipping Christmas
2002 - The Summons
2003 - The King of Torts
2003 - The Bleachers
2004 - The Last Juror
2005 - The Broker
2006 - The Innocent Man
2007 - Playing for Pizza
2008 - The Appeal
2009 - The Associate


Lekker lees!

Jou verlangende skoonsuster

L

Saturday, 11 July 2009

Badplaas Julie 2009

Baie dankie aan die Nortje's vir 'n heerlike tydjie op Badplaas!

Die weer was perfek, die geselskap uitstekend en die kos uit die boonste rakke!

Die prinsesse na 'n 'sugar rush' toegedien deur Dougnuts!















Ellis en sy Babes














Dankie ou vriendin. Ek drink 'n glasie Shiraz op 'n goeie vriendskap en lekker gesels

















Louis, jy is nou nie op die foto's nie ou pel. Werk, werk, werk...........volgende keer meer speel, ne?

Sunday, 5 July 2009

Oz en die visa

So wat is die agtergrond en waar trek ons nou?
Wel, 1 April 2009, begin Ellis in Melbourne Victoria te werk.

Hy gaan oor en ek en kids bly agter is SA terwyl ons wag dat die Visa gefinaliseer word. Hier begin die sports toe. Ons was veronderstel om so twee weke na Ellis te vlieg, maar toe kom die verrassing. Hulle soek police clearances! Myne was easy stuff, gaan na Brooklyn polisiestasie vir vingerafdrukke, dan na PTA middestad waar die aansoek ingegee word. Ellis s'n, nou ja! Hy is na 'n polisiestasie op 'n plattelandse dorpie in Victoria vir die vingerafdrukke. Die plek se naam is Rosendal, en daar woon 1 200 mense en die polisie stasie sluit 6uur die aand. Daar is slegs 2 mense wat daar werk en die weet nie lekker watse vorms om te voltooi nie, aangesien hulle dit nog nooit gedoen het nie, sien.

Toe die mannetjie uiteindelik die regte vorm uit die argiewe pluk en die vingerafdrukke doen, neem hy sommer ook afdrukke van die kante van Ellis se hande (vir ingeval hy 'n peeping tom is en bakkie teen die venster met sy hande maak!) Die dokument is toe na my gecourier om hierdie kant in te gee. Toe kom die slegte nuus! Die kriminele afdeling in SA is 28dae agter met police clearances! Wel, na baie gebede en baie gesmeek na Bo kry ons iemand in die hande wat ons vinniger kan help (en hy soek nie eens 'n 'bribe' nie). Ellis se vingerafdrukke kom toe 4dae later in SA aan en ek sit weer af na Pta. Die ou wat ons help vat weer my vingerafdrukke en 5dae later sit ek met die police clearances in die hand. Maak afskrifte, waarmerk en courier die goed weer af na Australia. 3 Dae later bereik dit die bestemming en ons 'waiting game' gaan aan.

Intussen besluit ek om die kids in die skool in te skryf aangesien hulle toe reeds amper 2 maande skoolloos, rigtingloos en dissiplineloos is en op mekaar se senuwees begin werk. Of is dit nou ek wat op hulle senuwees begin werk? Hulle was eers nie beïndruk nie. Veral die arme Zuniga. Stap in die middel van die kwartaal in, die 1ste dag van die toetsreeks! 2 Dae na die toetsreeks begin die eksamen! Arme ding het dit darem gemaak en albei kids is hulle kwartale deur.

Al klaar kan ek nie die fynere detail onthou nie, maar op 'n dag laat weet Ellis dat hy goedgekeur is, maar nie die mpy nie omdat daar nie genoeg opleiding aan Ozzies gegee is nie. Die mpy wil Ellis egter nie verloor nie, skerp hulle opleiding op, registreer die Ozzies wat daar werk vir opleiding dat dit klap en gee die aansoeke weer in. Probleem - Zuniga word oor 'n week 11 jaar oud en moet nou ook gaan vir X-strale. Ellis besluit hy kom huistoe vir haar verjaarsdag en paar dae later doen ons die mediese. Alles is afgestuur na Oz en raai wat? Nou hou ons nou al 3 weke lekker vakansie!

Goeie dag

Die begin

Hierdie is die 1ste van hopenlik nog baie inskrywings
.
Voel asb vry om op die blog kommentaar te lewer, boodskappies te skryf ens. Hierdie blog is daar vir ons vriende en familie.

Waarom sou ek met so iets wou begin? Wel, ek en Ellis is beroemd daarvoor dat ons dinge aanvang wat mens nie sommer sal aanvang nie, bv 'n besigheid by 'n politikus koop, ons werk los sonder om seker te weet ons het 'n visa, moet ek aangaan?

Mens vergeet ook soms wat in jou lewe gebeur, of waarom jy sekere dinge doen en dus sal die blog ook goed wees om eendag ons eie geheues te verfris. (Of dalk vir my kids te sê: "been there, done that, got the t-shirt, please go read the blog for the results!")

Hoop julle geniet dit saam ons!