Friday, 11 December 2009

11 Desember 2009

Ek en kids het vandag bietjie Bib toe geloop. Jy sal nie glo nie, ons kan 20 items op 'n slag vat wat insluit Boeke, DVD's, tydskrifte en Playstation games! Dit was 'n vreemde ervaring, jy kry 'n kaart wat soos 'n kredietkaart lyk en 'n Library sak waarin jy jou pakaas kan dra. Ek gaan staan nog so ewe met ons DVD's voor die vrou wat daar werk. Sy wou haar doodlag! Daar is 'signing out' rekenaars. Jy sit jou kaart onder 'n rooi liggie wat die 'barcode' lees. Dan sit jy items een vir een op die rooi lig sodat die rekenaar dit optel. Jy 'click' op 'print slip' en siedaar, iets wat soos 'n till slip lyk pop uit die printer! Stap uit en geniet jou boeke.

Ek vra haar of mense nie met goed daar uitstap sonder om te scan nie? "Now why would they want to do that?" vra sy my toe. Amazing! Verder is daar gratis internet toegang. Jy boek een van rekenaars op jou kaart en mag maks 60 min per slag sit dan sny internet af en jy kan nie weer aansit nie.

Ek het vir my 'n tydskrif gekoop - 'Woman weekly', dis nou Oz se huisgenoot. Lyk dieselfde, skinder dieselfde. Behalwe ek ken glad nie die celebs waaroor hulle skinder nie! Loo-paper ruik soos baba poeier - selfs die goedkoopste 2 ply ruik lekker - hele badkamer ruik na baba.
Skottelgoedseep - hier is nie een van die make wat ek ken nie. Hier is wel seep gemaak deur Palm Olive en ruik heerlik! Ook amper soos baba poeier. Wonder waarom als na baba poeier ruik?

Verklaar gou die volgende een vir my - 'n 200g blok sjokolade kos $3 en 'n kg hoender kos $3. 

O ja, die rooi asblik is vir alledaagse strooi wat jy weggooi, die groen een vir tuinvullis, die geel een is baie groter en is vir enige iets wat herwin kan word, blou is vir staal, Oranje vir Timber, grys vir sement, en wit vir alle elektriese toebehore. Jy moet maar van die asblikke gebruik maak, want om na die vullishoop te gaan op jou eie kos $6 toegang as jy met jou gewone motor inry en $16 as jy 'n waentjie aanhet.

Die kids se skool begin eers 1 Feb. Om my moeder se vrae te beantwoord: Ja, Zuniga kon haar kerse invat. Daar is blykbaar geen geskrewe reel teen kerse nie. Maar ek moet ook se, ons is glad nie deursoek nie. Nie 'n enkele ding nie. Ek kan nou nog nie verstaan nie. Die ou moes baie van ons hou of hy het die vrees op my gesig gesien :) Ja, die veiligheid hier is fantasties. Ek het vanoggend voor die voordeur uitgevee - al die voordeure is mos op die straat en ek moet nog 'n huis sien waarvan jy nie die voordeur kan sien nie.Daar het 2 skooldogters verbygeloop oppad skool toe en alhoewel ek met my rug na hulle gestaan het het hulle altwee gegroet.

Ek het my buurman ook ontmoet - ook te danke aan die verlies van mure en hekke. Sy naam is Paul. Hy het sy eie besigheid en sy vrou Sharon bedryf 'n koffiekroeg in die mall. Sy dogters is 17 en 19. Hy het vreeslik uitgevra van waar is ons, ens. Ek het paar keer gevra hy moet stadiger praat want ek kan nie lekker hoor / verstaan wat hy se nie. Maar ons het lekker gechat. Hy het ook 100 keer gevra of ons weet waar is die Bib en Mall. Die bib is oorkant die winkelsentrum en dis so 10 min se loop van hier af. Natuurlik loop jy heelpad op 'n wandelpad. Jy kan natuurlik 'n voetoorgang gebruik (voetgangers het voorgang en wanneer jy by zebra strepe kom, stap jy net. Motoriste moet stop.) Ons is maar nog versigtig en staan stil tot die kar ook doodstil staan, maar ek sien die Ozzies kyk nie eens links of regs nie, hulle loop net. Die ander alternatief is om af te wyk van die wandelpad en die detour onder deur die brug te vat. so 10 tree verder, maar die moeite werd. Baie mooi scenery.

No comments: