Tuesday, 8 September 2009

Dorp vs Stad

Baie mense vra my hoe dit is om na 16 jaar weer op ‘n dorp te woon en ek kan met alle eerlikheid sê: ‘lekker’.

Ek kan dit beslis aanbeveel. Ons het al in die verlede deur plattelandse dorpies gery en dan vra ek en Ellis vir mekaar, ‘waar is die witmense?’. Wel Sasolburg is nie ‘n plattelandse dorpie nie. Ek is nie seker hoeveel mense hier woon nie, maar dis groot genoeg om nie as platteland geklassifiseer te word nie en klein genoeg dat jy baie mense ken. Meeste mans werk maar by Sasol of Natref en so ken almal vir almal.

Die skool is baie meer ‘relax’ as in die stad en daar is glad nie so baie druk op die kinders nie. ‘n Volle dag word uitgesit vir entrepeneursdag elke kwartaal. Die kids gaan met gewone klere skooltoe en entrepreneurs begin al 9 uur werk. Hulle verkoop nie net selfgemaakte goedjies nie, maar doen make-up, maak hare mooi, ens.

Ons het die 1ste koekverkoping skoon gemis. Ek het nie geweet die kids moet kaartjies koop en dan die stukkie koek gaan opeis nie!
Die lewenskoste is die helfte goedkoper as in die stad. Petrol is uit die aard van die saak nie goedkoper nie, maar waarheen ry mens nou eintlik? Behuising is so 10% goedkoper en skole 30% goedkoper. Verder is hier nie dieselfde kaliber shopping malls as in die stad nie, dus kan jy nie in jou ledige tyd in coffee shops of winkels rondlê nie.
O ja, jy kan vir R55 per maand gym.

Wat is negatief? Wel, selfoonopvangs is ‘n nagmerrie. Wireless internet werk nie so effektief nie. En die ergste van alles - Ons vriende sit almal in die stad!

Hier is ‘n paar foto’s van die kids se boeresport! Dit het die vlg ingesluit: sakresies, toutrek, stoktrek, hardloop met aartappel, jellytot spoeg en nog vele meer. Die dag is afgesluit waar die juffrouens teen die menere tou getrek het. Die juffrouens het gewen 2 uit 3.





































Kayleigh en haar maatjie spoeg jellytot.

No comments: