Wednesday, 22 July 2009

Net vir 'fun'


Lucas ou swaer, hierdie inskrywing spesiaalvir jou. Net omdat jy so mooi gevra het.

Ek gaan nie vertel hoe dit met ons gaan of waar ons nou al trek met die visa nie. Dit is te ‘boring’ en ‘depressing’. Ek gaan eerder meer vertel van my gunsteling skrywer, John Grisham. Ek het mos gese die blog is vir my nasate en dalk het ek eendag Altzheimers en dan kan ek net hierdie stukkie lees om te onthou!

John Grisham is ‘n uitmuntende skywer. Hy is ‘n prokureur van beroep en sy boeke draai uit die aard van die saak om hofsake, of goed wat aanleiding gegee het tot ‘n hofsaak, maw hy is ‘n ‘crime writer’ en skrywer van 'legal suspense'. Sy heel eerste boek is gebaseer op een van sy hofsake wat hom vreeslik aangeraak het en sy terapeut het hom aangeraai om al sy gevoelens op papier te sit. Hy was so mal oor die skryf dat hy nie net sy gevoelens neergeskryf het nie, maar ook die gebeure vooraf en die hofsaak. Die boek se naam is A Time To Kill en ek sal aanraai jy lees die boek eerste omdat dit sy 1ste boek is, maar ook om hom te leer ken. Omtrent al sy boeke speel af in die Ford County dorpie.

Die boek handel oor ‘n swart dogtertjie wat deur 2 sadistiese dronk mans ontvoer is en baie wreedaardig verkrag en verwurg is en vir dood agtergelaat is. Ongelukkig vir hulle het sy oorleef om die verhaal te vertel. Net na die mans uitgeken is het haar pa gereg in eie hande geneem en sommer in die hofsaal die mans koelbloedig doodgeskiet. Nou ja, Mississippi is erg rassisties en die KKK (Klux Klux Klan) regeer. Dit klink dalk of ek die crux van die storie weggegee het, maar heelaas.
Dan het hy ook al ligter boeke geskryf, nl Playing for Pizza, A Painted House, The Bleachers en Skipping Christmas.


Hier is 'n volledige lys van sy boeke en ek kan almal aanbeveel:

1989 - A Time to Kill
1991 - The Firm
1992 - The Pelican Brief
1993 - The Client
1994 - The Chamber
1995 - The Rainmaker
1996 - The Runaway Jury
1997 - The Partner
1998 - The Street Lawyer
1999 - The Testament
2000 - The Brethren
2001 - A Painted House
2001 - Skipping Christmas
2002 - The Summons
2003 - The King of Torts
2003 - The Bleachers
2004 - The Last Juror
2005 - The Broker
2006 - The Innocent Man
2007 - Playing for Pizza
2008 - The Appeal
2009 - The Associate


Lekker lees!

Jou verlangende skoonsuster

L

1 comment:

Anonymous said...

Jy't 'n slag met woorde. Hoekom oorweeg jy dit nie om self 'n boek te skryf nie. Ek geniet jou blog. Liefdekies. Dalina