Monday, 31 December 2012

Fagan Park - New South Wales

Fagan Park bestaan uit 55 hektaar land in Galston, NSW Australia.
Die park is deur die Fagan familie aan die publiek geskenk en bestaan uit groot areas waar bosse bome uitgeroei is. 


















Saturday, 15 September 2012

Winter Wonderland

'Sneeu in September?' hoor ek jou vra. Ja, sneeu in September. Ek moet jou herinner dat hierdie Victoria is, 'n Staat waar ons 3 maande lank somer het en 9 maande lank winter. Geen herfs, geen lente.  
Dit beteken dat jy tot laat in September nog kan gaan sneeu soek en dit nie net sal kry nie, maar nog in 'n sneeustorm vasgevang kan word ook.

Hierdie jaar was die sneeu bestemming Dinner Plain.

























Maar voor ons by die pragtige bestemming kon uitkom is ons eers deur sneeustorm hel.
Op die dorpie Bright huur ons die wiel kettings ingeval dit nodig is, maar dis die einde van die sneeuseisoen, so ons glo ons gaan dit nie nodig kry nie.....toe tref die storm ons.

























Dinner Plain is 'n dorp in Victoria, Australia, 375km vanaf Melbourne.  Die 2006 sensus het gewys dat die dorp 'n populasie van 88 permanente inwoners het alhoewel daar meer as 200 huise is.
Die dorpie is regoor die jaar gewild vir sy toeriste aantreklikhede. Die winter aktiwiteite is voor die handliggend uit die volgende paar foto's en in die somer kan jy in die berge gaan wandel, perd ry, in die dorp tennis speel en bergfiets ry.

Die dorp het 'n supermark met die naam Brandy Creek, 'n poskantoor, 'n skoonheids salon en natuurlik 'n spa.

'We come in peace of course!'
 Baie bly om in een stuk by ons bestemming aan te kom
 Powder Keg is die naam van die huis waar ons gebly het
 Skaars daar en hou al klaar sneeubal geveeg



Kayleigh spring oor 'n stroompie
 Dinner Plain se 'Town Center'
 Wat is 'n Ozzie dorpie sonder 'n goeie Pizza Restaurant
 Poskantoor
 Al wat ek natuurlik soek - 'plentifull coffee thx'
 Uitgeput na 'n lang dag van sneeu en ski


 Julle verwar die omgewing met 'n strand hoor
Kayleigh besluit om te ski en Zuniga kyk vreesbevange toe
 Sien, dis maklik!

Lekker sonskyn begroet ons Sondag oggend
 Wie wil saam ons vakansie huis koop?
 Wie sal ons glo? Vienne wat se dis koud of Khalil wat glo dis warm?
 Oppad na die ski-oord by Mt Hotham so 13 km onder Mt Hotham


Laat my dink aan 'Gods Window' in die Oos Transvaal

 Sneeu besig om te smelt en die pad is seepglad

Sneeu of nie: Ons SAL braai!

Natuur se yskas
 Nog Dinner Plain
 View vanaf balkon

 Mt Hotham Fire Brigade
 Spanpoging

























Dis moeilik om te glo dat die 1ste ski lift maar 60 jaar terug geinstalleer was, ne?
Vandag is daar 13 lifts wat 'n volle 320 hektar terrein dek.

Totsiens Dinner Plain, sien jou weer volgende jaar!!